2008/04/01

1876 : 1 April Geskiedenis Spoor : Graaf-Reinetse Onderwyskollege

1876
Begin van die Graaf-Reinetse Onderwyskollege


In sy wese was die stigting van die “Midland Ladies’ Seminary” op 1 April 1876 die voorloper van onderwysers-opleiding op Graaf-Reinet, weliswaar was die opleiding op losse voet, maar sedert 1894 was sake veel planmatiger, nadat die “Seminary” ‘n afsonderlike “Training Department” gestig het. Die kollege het egter sy huidige beslag gekry toe sentralisasie die totstandkoming van die Graaff-Reinetse Opleidingskool met ingang 1917 genoodsaak het. Die afgelope sewe dekades speel die kollege ‘n leidende rol in die plaaslike kultuurlewe van die /Afrikaner; trouens, die Afrikaanse Kultuurvereniging is juis een van die eerste verenigings wat spontaan by die studente ontstaan het. Reeds in 1923 bied die vereniging ‘n geslaagde opvoering van C.J. Langenhoven se Die Hoop van Suid-Afrika aan, en ook op die gebied van sang en musiek word pragtig gepresteer.