2008/04/10

1968: 10 April Geskiedenis Spoor Vandag : Jim Fouche

1968
J.J. Fouche ingehuldig as Staatspresident

Die inhuldiging van mnr. Jacobus Johannes (Jim) Fouche as die tweede Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika, het te midde van groot openbare belangstelling op 10 April 1968 in Kaapstad plaasgevind. Die inhuldigings plegtigheid het geskied in die Groote Kerk, waar die predikante, dr. J.S. Gericke, dr. P.S.Z. Coetzee en prof. W.D. Maxwell voorgegaan het. Daarna het mnr. Fouche die ampseed voor hoofregter L.C. Steyn afgelê. Na afloop van die inhuldiging is die nuwe Staatspresident na die Parade, waar hy deur die Eerste Minister, mnr. B.J. Vorster, aan tienduisende lede van alle bevolkingsgroepe voorgestel is. In sy toespraak het mnr. Fouche gesê dat deur sy verkiesing erkenning gegee is aan die waarde van toegewyde diens van die gewone mens. Hy het ook daarvoor gepleit dat Suid-Afrika ‘n beleid van leef en laat leef volg, en dat elke bevolkingsgroep die waarborg van selfbehoud met hê. Aka fak G.J.J.

No comments: