2008/04/16

1958 : 16 April Geskiedenis Spoor Vandag : Republiek wording en Volke skeiding


1958
Laaste verkiesing van die Unie-tydperk in SA


Op hierdie dag is die laaste algemene verkiesing binne Unie verband in ons land gehou. Talle veranderinge het sedert die verkiesing van 1953 ingetree. J.G. Strijdom het Malan as Premier en sir De Villiers Graaff vir Strauss as leier v an die Opposisie opgevolg. Talle hofsake in verband met aparte kieslyste was agter die rug, die Nasionale Party het reeds tien jaar regeer, in Opposisiegeledere het afskeidings voorgekom, en oor SA het ‘n enigste landsvlag sedert 1957 gewapper. Die uitslag van 103 setels ten gunste van premier Strijdom het onmiddellik die Afrikaner laat besef dat hy polities sterk staan, dat hy na 10 jaar van politieke bewind weer meer aandag aan sake van Afrikaans-kulturele belang behoort te skenk. Een hiervan was die kwessie van republiekwording; en ander was volke skeiding in die praktyk. Hierdie twee aangeleenthede was kern redes vir die Afrikaner se politieke steun aan die Nasionale Party. Dit het immers om sy staatkundige en ongeskonde fisieke voortbestaan gewentel. Die politieke Opposisie het albei aangeleenthede volledig teengestaan en daarmee bevestig dat bloot die bestaan van ‘n Afrikanervolk met inheemse vryheidsideale en ‘n eiesoortige volksbewussyn vir hulle onaanvaarbaar is. M.J.S

No comments: