2008/04/16

1955 : 16 April Geskiedenis Spoor Vandag : Die Sosiale Gewete van die Afrikaanssprekendes


1955
C.C. Nepgen aanvaar sy emeritaat


Op hierdie dag het Cornelis Christiaan Nepgen, MA, BD, D.Phil., sy emeritaat as predikant van die NG Kerk na 35 diensjare aanvaar. Hy is op 7 Desember 1889 gebore en in 1919 gelegitimeer. In drie opsigte het hy ‘n besondere bydrae gelewer sedert hy in April 1920 as hulpprediker op Umtata begin werk het. Hy het naamlik die Afrikaners van die Transkeise geweste begin besoek; mense wat deur jare reeds afgesonder van ander blankes gewoon het, tussen die klowe moeilik bereikbaar was en wat die omringende heidendom nie telkens meer so volledig raakgesien het vir wat dit behels nie. Geestelik moes hulle opgehef word en sekere bepaalde waardes weer vir hulle onderstreep word. Tweedens het hy op 27 Oktober 1924 ‘n voorstel voor die Sinode van die Kaapse NG Kerk laat dien, waarin hy om georganiseerde sendingwerk in die Transkeise streke gepleit het. Die versoek is opgevolg en deurgevoer, waarna in 1925 met ‘n deeglike sendingaksie aldaar begin is; ‘n taak wat tot vandag toe uitgebreid voortgesit word deurdat onder meer Afrikaner studente in die gebied die Woord verkondig en fisieke arbeid soos kerk bou behartig. Ten derde het dr. Nepgen se besondere navorsingswerk. Die Sosiale Gewete van die Afrikaanssprekendes in 1938 verskyn. Dit is ‘n boek wat gereeld as studie bron gebruik en aangehaal is, omdat veel van die Afrikaner se karaktereienskappe daarin aangeteken en ontleed word. aka fak M.J.S

No comments: