2008/04/22

1923 : 22 April Geskiedenis Spoor Vandag : Lokomotief van Daljosafat


22 April
1923
D.F. (Oom Lokomotief) du Toit oorlede


Daniel Francois du Toit, D.P. seun, in later jare alombekend as Oom Lokomotief, is op 15 Januarie 1846 op die plaas Kleinbos, Daljosafat, gebore en is in Bloemfontein oorlede. Hy was ‘n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners. In 1878 word hy redakteur van die Afrikaanse Patriot, en hy oefen op die wyse geweldig baie invloed uit op die Taalbeweging. Van Die Patriot het hy ‘n gevestigde koerant met invloed gemaak. Hy het so eie met die lesers gesels dat hulle vertroue in sy koerant gehad het. Alle moontlike vrae word daarin beantwoord; daar word raad gegee, moed ingepraat en koers aangedui. Daar ontstaan ‘n onverbreekbare band tussen leser en redakteur. Met die veranderde politieke houding van sy ouer broer, ds. S.J. du Toit, leier van die GRA, kon hy nie saamgaan nie, en hy verlaat saam met C.P. Hoogenhout in 1891 Die Patriot. In 1892 verhuis hy na die Vrystaat, waar hy later in Bloemfontein argivaris was. Aka fak P.J.N

No comments: