2008/04/22

1905 : 22 April Geskiedenis Spoor Vandag : “Bande” en “Maskers”


22 April
1905
Abraham Jonker gebore


Abraham Jonker is die skrywer van ‘n aantal romans en verhale met ‘n sterk sosiale tendens in die sogenaamde nuwe saaklike styl. Hy is in die distrik Boshof gebore. Jonker sal veral onthou word vanweë sy bewuste poging om vernuwing in die Afrikaanse prosa te bring met werke soos Bande in 1933 en Maskers in 1938. Hy is op 10 Januarie 1966 oorlede. J.H.S.

No comments: