2008/04/22

1955 : 22 April Geskiedenis Spoor Vandag : Braganza-Tee: Vroue Maatskappy


22 April
1955
Eerste Nasionale Tee- en Koffie maatskappy gestig


Die Eerste Nasionale Tee- en Koffie fabrieke Beperk, is die eerste publieke maatskappy wat deur Afrikaanse vroue opgerig is. Met gemagtigde aandelekapitaal van R2 miljoen en meer as 10 000 vroue-aandeelhouers oor die hele Suid-Afrika, word dit ‘n simbool van die doelgerigte toetrede van die vrou tot die Suid-Afrikaanse ekonomiese terrein. Die eerste voorsitster van hierdie vroue maatskappy was mev. Hobbie le Roux, wat later opgevolg is deur mev. P.K. Morkel. Die maatskappy het hom van die begin af ten doel gestel om produkte van die hoogste gehalte te bemark en sy bekendste produk, Braganza-Tee is vandag een van die top produkte op die mark. Braganza-Tee is genoem na die Portugese prinses Catherina Da Braganza, wat die teedrink gewoonte na Brittanje ingevoer het toe sy in 1662 twee pond as geskenk geneem het vir haar toekomstige man, koning Karel II van Engeland. In 1961 het die maatskappy ook toegetree tot die kitskoffie mark met Frisco-kitskoffie, wat ‘n onmiddellike sukses was en vandag nog die grootste verkoper in sy klas is. Eerste Nasionale Tee- en Koffie fabrieke Beperk kan met reg trots wees op sy bydrae tot die Afrikaner se strewe na ekonomiese selfstandigheid. Aka fak H.A.S

No comments: