2008/04/02

1911 : 2 April Geskiedenis Spoor : Severus Gerhardus Smidt Op die Spoor van die Rampokkers



1911
S.G. Smidt gebore


Severus Gerhardus Smidt is op Frankfurt gebore. Hy het baie rondgeval voordat hy beroepskrywer geword het onder verskillende skuilname, soos Johann van der Post, Donald Fouche en Adriaan Roodt. Sy eerste 70 kortverhale het almal teruggekom, totdat hy eindelik in 1932 sy eerste kortverhaal in Die Volksblad geplaas kry. Hy kry toe ‘n aanstelling as bode by Die Vaderland teen R8 per maand. Later is hy bevorder tot redaksielid. In 1938 word hy beroepskrywer. Sy eerste boek is Op die Spoor van die Rampokkers (1938) Nagenoeg honderd romans het uit sy pen verskyn voordat hy op 23 Julie 1973 in Durban oorlede is. aka fak P.J.N

No comments: