2008/04/02

1918 : 2 April Geskiedenis Spoor : “Dokter” Daniel Francois du Toit



1918
D.F. du Toit oorlede


Daniël Francois du Toit is op 21 November 1853 op Dal Josafat gebore. Aangesien hy altyd ‘n medisyne tassie by hom gedra het, het hy die bynaam “Dokter” gekry. Hy was ‘n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners en ‘n groot kampvegter vir die erkenning van Afrikaans. Hy was behulpsaam by die drukpers in die huis van Gideon Malherbe in die Paarl in 1875. Hy was die vader van prof. D.F. du Toit, van Stellenbosch, en dr. P.J. du Toit, opvolger van sir Arnold Theiler op Onderstepoort. Aka fak D.J.C.G

No comments: