2008/04/25

1905 : 25 April Geskiedenis Spoor Vandag : Ekonomiese Toekoms

25 April
1905
Schalk J. Botha gebore

Schalk Jacobus Botha, gebore in die Potchefstroomse distrik is op 22 Oktober 1978 in Pretoria oorlede, nadat hy sy lewe gewy het aan die uitbouing van die Afrikaanse kultuur en die vestiging van die Afrikaner op ekonomiese gebied. Hy het sy loopbaan as onderwyser begin, maar in 1944 uitgetree om hom heeltyds aan volksake en die sakelewe te wy. As sekretaris van die Voortrekker eeufeeskomitee in 1938 en as lid van die Inwydingskomitee en hoof kampkommandant in 1949 het hy dwarsoor Suid-Afrika bekend geword as kultuurleier, ‘n taak wat hy met oorgawe tot aan die einde van sy lewe vervul het. In 1948 het hy, as sekretaris van die Duitse Kinderfonds, 83 Duitse wesies vir wetlike aanneming na Suid-Afrika gebring, ‘n taak wat hy dikwels as sy grootste bevrediging beskryf het. Benewens sy talle ander verpligtinge, was hy lid van die FAK-Hoofbestuur, voorsitter van die Afrikaans-Duitse Kultuur unie, en van die Interkerklike Anti-kommunistiese Aksiekomitee (Antikom). Sy belangstelling in die Afrikaner se ekonomiese toekoms strek terug na die Eerste Ekonomiese Volkskongres van 1939. Teen die einde van sy lewe het hy in nie minder nie as 32 direksies van Afrikaanse ondernemings gedien. FAK

No comments: