2008/04/25

1949 : 25 April Geskiedenis Spoor Vandag : Immigrante

25 April
1949
Maatskappy vir Europese Immigrasie gestig

Die inskakeling by die gemeenskapslewe van sy nuwe vaderland verloop vir geen immigrant sonder probleme nie. Daarom het die owerheid die MEI, wat in Mei 1949 as nutsmaatskappy geregistreer is, versoek om aandag te gee aan die inskakeling probleme van immigrante. Met sy hoofkantoor in Pretoria en nege streekkantore deur die land, beywer die MEI hom daarvoor om die immigrant direk na sy aankoms met simpatieke immigrante vriende in verbinding te stel en om hom deur basiese oriëntering met betrekking tot die belangrikste probleem vlakke, vertroud te maak met die Suid-Afrikaanse leefwyse en die Afrikaner se lewens- en wêreldbeskouing. Hierin werk die Afrikaanse kerke en nasionale kultuurorganisasies saam. Die doel hiervan is om die immigrant so gou moontlik geestelik, opvoedkundige en kultureel-maatskaplike lewe tuis te maak in die Afrikaner se kerk, skool en kultureel-maatskaplike lewe. Besondere aandag word gegee aan die immigrante vrou en –kind d.m.v. demonstrasies, kursusse, lesings, uitstappies, kampe, ens., terwyl daar ook gepoog word om die immigrant se bydrae tot die samelewing in Suid-Afrika te beklemtoon. Die einddoel is om die immigrant as vreemdeling, volledig te assimileer. FAK

No comments: