2008/04/05

1900: 5 April Geskiedenis Spoor Vandag : Legioen van Vreemdelinge


1900
Graaf G. de Villebois-Marceuil sneuwel by Boshof


Graaf Georges de Villebous-Marceuil, die Franse edelman, is op 17 Maart 1900 te Kroonstad tot veggeneraal van die Boere benoem deur presidente Kruger en Steyn. Sy opdrag was om ‘n legioen te stig uit die vreemdelinge wat hulle aan die kant van die Boere-republieke geskaar het. Op 24 Maart het hy met ongeveer 125 Franse en Hollanders uit Kroonstad vertrek om na Modderrivier te gaan en die spoorlyn suid van Kimberley op te blaas. Hierdeur sou die lewensbelangrike verbindingslyn van die Britte van die Kaap na Transvaal, waarheen lord Roberts aan’t opruk was, afgesny word. Onderweg sou hy ‘n nagtelike aanval op Boshof uitvoer om die dorp te ontset, waar net ‘n klein Engelse garnisoen was. Voordat hy egter Boshof kon bereik, het die Engelse ‘n sterk leër daar geplaas. Toe hy in die vroeë skemer van 5 April Boshof nader, was daar geen sprake van ‘n aanval nie. Sowat nege myl suid van Boshof het hy en sy manskappe in die koelte van bome gaan rus om in die donker van die aand verder te gaan. Die Engelse is van hul skuilplek verwittig en het ‘n sterk mag teen hulle uitgestuur. Vier uur lank het hy en sy manskappe dapper teenstand gebied, voordat hy dodelik gewond is.

No comments: