2008/04/15

1889 : 15 April Geskiedenis Spoor Vandag : Tom Naude : Kenner van parlementêre prosedures.


15 April
1889
J.F. (Tom) Naude gebore


Jozua Francois Naude is op Middelburg, Kaap, gebore. Hy vestig hom in 1910 as prokureur op Pietersburg. Hy protesteer teen Suid-Afrika se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog en bring drie maande in die Booysens-interneringskamp deur. Hy was lid van Pietersburg se stadsraad (1915 – 1920), LV vir Pietersburg (1920 – 1961), lid van parlementêre komitees, sweep van die NP, hoofsweep van die VP (van 1933- 1939) hoofsweep van die NP na 1939, en Speaker van die Volksraad vanaf 1948. Vanaf 1950 tot 1961 was hy Minister onder dr. Malan, adv. Strijdom en dr. Verwoerd, nl. Van Pos en Telegraafwese (1950 – 1954), Gesondheid (1954 -1956), Finansies (1956-1968), en Binnelandse Sake (1958-1961). Hy was die eerste President van die Senaat van die Republiek in 1961, en Waarnemende Staatspresident (1967 – 1968). Hy is op 31 Mei 1969 in Kaapstad oorlede en is op Pietersburg begrawe. Hy was drie keer getroud en het vyf kinders gehad. Tom Naude was ‘n groot kenner van parlementêre prosedure, ‘n doelgerigte Afrikaner, wat sy werk met toewyding gedoen het, en ‘n waardige man met ‘n wonderlike sin vir humor. Aka fak J.G.P

No comments: