2008/04/15

1953 : 15 April Geskiedenis Spoor Vandag : Algemene Verkiesing


15 April
1953
Algemene Verkiesing


Toe dr. Malan in 1948 premier geword het en daardeur aan die Afrikaner politieke mag in sy eie land besorg het, het baie mense geglo dat dit ‘n toevallige, frats gebeurtenis is. Om te verseker dat hierdie Afrikaner gesag spoedig afgetakel word, is ‘n haatveldtog in die buiteland deur magte vanuit Suid-Afrika daarteen ontketen. Die verkiesings van Maart 1949 vir die provinsiale rade het egter getoon dat die Volksraad sukses nie ‘n politieke glips was nie. Op 1 Augustus 1951 het N.C. Havenga met sy Afrikanerparty buitendien ten volle in die HNP van dr. Malan opgegaan, sodat die Afrikaner se politieke eenheid verder bevorder is. Die verkiesing van 1953 is nogtans met bitterheid teen die Afrikaner as Afrikaner van stapel laat loop. Die ses Suidwes-lede vir die Volksraad wat op 30 Augustus 1950 verkies is, was immers ondersteuners van dr. Malan. Die gevolg was die skepping van die sogenaamde United Front, wat die Torch Commando en die Springbok Legion ingesluit het om die Afrikaner polities, kultureel en andersins aan te tas. Die opposisie onder J.G.N. Strauss wou veral deur middel van die regsplegende gesag die mag van dr. Malan polities beperk, maar dr. Malan het in die gees van Paul Kruger gehandel. Hy het naamlik bevestig dat die wettig verkose verteenwoordigers van die volk se wetgewende demokratiese gesag die hoogste orde vorm en nie deur ander aangestelde liggame soos appèlhowe aan bande gelê mag word nie. Soos S.J.P. Kruger baie jare vroeër gesê het: in die stem van die volk hoor ek die stem van God. Dr. Malan se Nasionale Party het ook 94 uit 156 setels teenoor die opposisie se 62 verower. Aka fak M.J.S

No comments: