2008/04/02

1862 : 2 April Geskiedenis Spoor : Burgeroorlog in Transvaal?



Burgeroorlog In Transvaal?
Verdeeldheid oor Pretorius se Presidentskap van Twee Republieke
Pretoria
2 April 1862


‘n Nuwe Volksraad het vandag in Pretoria bymekaargekom en almal vra met gespanne afwagting of hulle die burgeroorlog wat dreig, sal kan voorkom. Die burgers is in twee vyandelike kampe verdeel. Daar is die ondersteuners van president Pretorius wat nou in die Oranje-Vrystaat aan die hoof van sake is. Hulle het hul president eers ses maande verlof toegeken, terwyl J.H. Grobbelaar in sy plek waargeneem het. Daar is verder Pretorius se teenstanders wat beweer dat hy geen reg het om president van albei republieke te wees nie. Hulle het die president in September 1860 gedwing om te bedank. ‘n Maand later het Pretorius egter self vir ‘n paar dae Transvaal toe gekom en sy ondersteuners het hom op ‘n groot vergadering te Rustenburg ‘n jaar verlof gegee en Stephanus Schoeman in sy plek aangestel. Baie van Pretorius se eertydse vriende en ondersteuners beskou hierdie daad as volkome in stryd met die grondwet. Onder hulle is ook kommandant Paul Kruger. Gevoelens oor die saak loop baie hoog en almal verkeer in gespanne afwagting oor die houding wat die nuwe volksraad sal inneem.

No comments: