2008/04/02

1859 : 2 April Geskiedenis Spoor : Hendrik Pieter Nicolaas Muller


1859
H.P.N. Muller gebore

Hendrik Pieter Nicolaas Muller is in Rotterdam gebore en besoek Suid-Afrika die eerste keer in 1883, toe hy reeds vennoot in ‘n Nederlandse handelsfirma was. Hiermee begin sy belangstelling in Suid-Afrika, en as begeesterde reisiger (en volkekundige) het hy talle artikels en kleiner werkies oor Paul Kruger en Suid-Afrika geskryf. In 1896 het hy H.A.L. Hamelberg opgevolg as konsul-generaal van die Oranje-Vrystaat en het hy hom beywer om verdrae vir die Republiek in Berlyn en Bern te sluit. Sy vaderlandsliefde en nasietrots was so ruim dat hy die Boeresaak tydens die Engelse Oorlog met volle oorgawe kon dien. Sy kantoor in Den Haag het ‘n belangrike sentrum vir hulpverlening aan die Boere geword, en hy het selfs na Amerika gereis om die saak van die boere te propageer. Orals het hy kennis van die Boere stryd versprei en meegewerk om by die verskillende nasies van Europa wye belangstelling te wek. In 1919 is hy in die Nederlandse diplomatieke diens opgeneem, en hy het talle ordetekens ontvang. Sy borsbeeld staan in die hoofgebou van die UOVS,. Hy is op 11 Augustus 1940 in Den Haag oorlede. Aka fak J.C.M

No comments: