2008/04/02

1595 : 2 April Geskiedenis Spoor : C de Houtman op Seereis



1595
C. de Houtman vertrek op sy seereis


Op hierdie dag het Cornelis de Houtman met ‘n eerste Nederlandse vrag vloot van vier skepe uit Texel via die Kaap na die Ooste (Indonesië vertrek. Hy was toe dertig jaar oud, vol ambisie en nie baie taktvol nie. Op 2 Augustus het hy om die Kaap geseil en op 11 Augustus by Mosselbaai aan land gegaan. Hier is skape en beeste van die Hottentotte geruil Met sy terugreis het hy op 7 Mei 1597 by die Kaap verby gevaar, maar weer nie aan land gegaan nie. Die onderneming was die begin van talle verskillende handelsendings na die Ooste, waaruit in 1602 die VOC ontwikkel het. Op 21 November 1598 het admiraal De Houtman weer om die Kaap gevaar, maar die keer by Tafelbaai aan land gegaan en vee geruil. Met sy aankoms in Atjeh, is hy in September 1599 vermoor. Sy eerste tog het nietemin blywende belangstelling gewek. Die groei van die VOC het toe ook in 1652 ‘n verversingspos aan die Kaap genoodsaak. Vir ons is Cornelis de Houtman derhalwe van groot waarde. Sy kennis soeke, waarnemingsvermoë en avontuur gevoel was tipies van die soort Wes-Europese Renaissancegees in die sewentiende eeu. Aka fak M.J.S.

No comments: