2008/04/21

1858 : 21 April Geskiedenis Spoor Vandag : “Blinden Instituut van Worchester”


21 April
1858
Dr. B.J.G. de la Bat gebore


Met die afsterwe op 21 Augustus 1942 van dr. Bernabe Jan Gerard de la Bat, eerste hoof van die alombekende Doofstommen en Blinden Instituut van Worchester, verwoord Die Burger sy huldiging soos volg: “Ons eer hom nie slegs as die grondlegger van die doofstomme-onderrig in ons land nie, maar ook as iemand wie se diensgewyde en nederige lewe ‘n voorbeeld en ‘n besieling is.” Vanaf die opening van hierdie inrigting van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in 1881 het hy 46 jaar lank daaraan leiding gegee – totdat sy seun hom opgevolg het. In 1938 het die Universiteit van Stellenbosch hierdie kerkvaste opvoedkundige met ‘n eredoktorsgraad vereer. Aka fak E.B

No comments: