2008/04/21

1619 : 21 April Geskiedenis Spoor Vandag : Jan van Riebeeck In Culemburg gebore


21 April
1619
Johan Anthoniszoon van Riebeeck gebore


Johan Anthoniszoon van Riebeeck is in Culemburg gebore, ‘n welvarende en bedrywige stadjie aan die rivier Lek. Ook sy vader, Anthony Janszoon van Riebeeck, is hier gebore en het hom hier as chirurgyn bekwaam. Jan van Riebeeck se moeder, Elisabeth van Gaesbeeck, het uit ‘n gerespekteerde en geliefde familie in Culemborg gespruit. Haar vade dr, Govert Anthoniszoon van Gaesbeeck, was prokureur en het in die huis De Fonteyn gewoon. Hierdie huis met sy sierlike trapgewels, is in 1970 gerestoureer en is tans bekend as Van Riebeeck-huis, hoewel Jan van Riebeeck waarskynlik nie hier gebore is nie. Na sy geboorte is Jan van Riebeeck in die St. Barbara-kerk in Culemburg gedoop. Hy was egter maar drie jaar oud toe die gesin Van Riebeeck na Schiedam verhuis het, waar sy suster, Geertruy, in 1623 gebore is. Hierdie suster, aan wie hy baie geheg was, sou later saam met haar man, die sieketrooster Pieter van der Stael, ook na die Kaap kom. Jan van Riebeeck se moeder is in 1629 oorlede in Schiedam. Jare later – in 1648 – sou hy ook sy toekomstige eggenote, Maria de la Quellerie, hier ontmoet. As jong seun het Jan van Riebeeck sy vader op sy reise as skeep chirurgyn vergesel. Moontlik het hy toe al die drang na die onbekende ondervind wat hom in 1652 na die Kaap de Goede Hoop sou bring as stigter van die Westerse beskawing in Suid-Afrika. Na sy verblyf van tien jaar aan die Kaap, waar hy die grondslag van die Christelik-Westerse beskawing in Suid-Afrika. Na sy verblyf van tien jaar aan die Kaap, waar hy die grondslag van die Christelik Westerse beskawing gelê het, vertrek hy en sy gesin op 7 Mei 1662 met die Mars na Batavia. In Batavia het hy verskeie poste beklee, maar die een wat hy hartgrondiglik begeer het, Raad-extraordinaris van Indië, is nooit aan hom toegeken nie. Hy sterf nadat hy maande bedlêend was, op 19 Januarie 1677 en word met groot eerbetoon begrawe. Die brokstukke van sy grafsteen word in 1897 ontdek en in 1913 deur bemiddeling van J. de V. Roos aan die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad geskenk. Dit is later gerestoureer en word saam met die grafsteen van sy vrou, Marie, in die Suid-Afrikaanse Kultuurhistoriese Museum in Kaapstad bewaar. Aka fak J.C.P

No comments: