2008/04/21

1892 : 21 April Geskiedenis Spoor Vandag : “Republikeinse Afrikaner”


21 April
1892
Ds. N.J. van Warmelo oorlede


Dit is die sterfdag van Nicolaas Jacobus van Warmelo, wat in Gouda, Nederland, op 8 September 1835 gebore is. Hy was een van die baanbreker-predikante in Transvaal en ‘n groot patriot. In 1864 word hy predikant van die Ned. Hervormde gemeente te Schoemansdal. In daardie pioniers- en jagters gemeenskap het hy en sy vrou ‘n belangrike opvoedkundige en beskawings rol gespeel. In 1868, na hy Schoemansdal in 1867 verlaat, vertrek hy na Heidelberg, waar hy tot aan sy dood werk. Op kerklike terrein het hy ‘n belangrike en leidende rol in die Ned. Hervormde Kerk gespeel. Met die kerkvereniging van 1885, gaan hy saam met die stigting van die nuwe, verenigde kerk en word die eerste skriba van die Sinode. Die mislukking van die kerkvereniging het sy laaste lewensjare versomber. Van Warmelo het hom volkome met die republikeinse Afrikaner en sy vryheidstrewe vereenselwig, veral in die jare 1877 – 1880. By die groot volksvergadering te Paardekraal 1880, waar besluit is om die Engelse juk af te gooi, het hy met sy prediking die groot bydrae gelewer om die burgers al hulle vertroue op God te laat stel. A.D.P

No comments: