2008/04/09

1850: 9 April Geskiedenis Spoor Vandag : Bemiddelaar Abraham Fischer

1850
Abraham Fischer gebore

Abraham Fischer is in Kaapstad gebore waar hy ook sy skool- en naskoolse opleiding ontvang het. Hy het hom veral as regstudent onderskei en het die regsberoep betree as prokureur in Kimberley en van 1875 af as prokureur en advokaat in Bloemfontein. Hier het hy in aanraking gekom en vriendskapsbande gesmee met advokate M.T. Steyn (later president) en J.B.M. Hertzog (later Boeregeneraal en premier). Sy politieke loopbaan het op 9 Januarie 1879 begin as Volksraadlid vir Philippolis en later vir Smithfield. Fischer het die hoofbemiddelaarsrol in die spannings jare voor 1899 tussen sir Alfred Milner, pres S.J.P. Kruger en pres M.T. Steyn gespeel en hom onafgebroke vir vrede beywer. Toe oorlog onvermydelik was, het hy die Boere-ultimatum in sy finale vorm gegiet. Hy was die hoofonderhandelaar om hulp aan die Boere in Europa en Amerika, maar ofskoon hy die vriendelike moondhede geïmponeer het, kon hy geen hulp kry nie. Na die vrede in 1902 het Fischer in 1907 Eerste Minister van die Vrystaat geword. In 1908/09 het hy ‘n belangrike rol in die totstandkoming van die Unie gespeel, en ‘n pos in die eerste Botha kabinet beklee. Hy is op 13 November 1913 in Kaapstad oorlede. FAK

No comments: