2008/04/09

1678: 9 April Geskiedenis Spoor Vandag : Kruiskerkie

1678
Fondamentstene van die eerste kerkgebou aan die Kaap gelê.

Die gereelde kerkdienste aan die Kaap is eers in ‘n saal in die Fort de Goede Hoop en daarna op verskillende plekke in die nuwe Kasteel gehou. Toe die eertydse hout kerkie in die Kasteel verwyder is, moes ‘n plan gemaak word met die oorblyfsels van die mense wat sedert 1666 rondom die kerkie begrawe is. In 1677 is ds. Petrus
Hulsenaar dus in die Kompanjie se verlate tuin begrawe, wat toe vir ‘n kerk en begraafplaas bestem was. Hier het goew. Bax en die lede van die Politieke Raad die namiddag van 9 April 1678 die eerste stene van ‘n kruiskerkie gelê. Om verskeie redes het dit jare lank by die fondament gebly, en van Pinksterdag 1695 af het die gemeente in die nuwe dwarsmuur of “Kat” van die Kasteel vergader, maar met die plegtigheid van 1678 is die plek vir die toekomstige kerkgebou van die Kaapse gemeente vir goed aangewys. Aka H.C.H

No comments: