2008/04/08

1844: 8 April Geskiedenis Spoor Vandag : Jan Christoffel de Waal – Hervestiging en Uitbreiding


1844
J.C. de Waal gebore


Jan Christoffel de Waal is op Stellenbosch gebore en het in sy vroeë jare twintig skaapboer in die distrik Bethulie in die Vrystaat geword, waar hy ook die openbare lewe aktief betree het. As Volksraadlid het hy hom in 1899 teen oorlog teen Brittanje uitgespreek, maar die regering nietemin in die oorlog gesteun. Hy het ook ‘n groot rol gespeel in die hervestiging en uitbreiding van die Vrystaat se uitgedunde skaapbevolking na die oorlog deur as amptelike afgevaardigde stoetskape in Australië te gaan koop. Op die manier het hy die hele vaderland gedien en veral gehelp om die Afrikaner weer op die been te bring. Hy is op 16 Oktober 1936 in die Paarl oorlede. FAK

No comments: