2008/04/08

1652: 8 April Geskiedenis Spoor Vandag : Raad van Politie – Politieke Raad


1652
Eerste vergadering van die Breë Raad aan die Kaap

Op die Maandag, twee dae na hul aankoms in Tafelbaai, ht Van Riebeeck die Breë Raad byeengeroep, d.w.s. die hoogste gesagvoerende liggaam van die vloot, bestaande uit die kommandeur as voorsitter en die vernaamste bevelhebbers van die skepe, die Reijger en die Goede Hoop, Hoewel die vergadering nog aan boord van die Drommedaris plaasgevind het, was die dit eerste vergadering van Van Riebeeck se bestuursliggaam aan die Kaap. Hierdie geskiedkundige vergadering vorm dus die grondslag van die regeringstelsel in Suid-Afrika. Die Breë Raad sou spoedig as die Politieke Raad of Raad van Politie bekend staan – die hoogste regeringsliggaam aan die Kaap, hoewel ondergeskik aan die Raad van Indië in Batavia. Op hierdie eerste vergadering is belangrike besluite oor die stigting swerk geneem en is daar besluit om ‘n plakkaat uit te vaardig – die eerste wet in Suid-Afrika – waarin voorskrifte oor die bou van die fort, optrede teenoor die Hottentotte en die gedrag van die soldate bepaal is. aka fak J.C.P

No comments: