2008/04/08

1844: 8 April Geskiedenis Spoor Vandag : Andries Pretorius vir Eene Algemene Oproering.


1844
Oproep tot immigrante benoorde die Grootrivier om herstel van hul vryheid


Nadat die Kaapse goewerneur, sir Harry Smith, op 3 Februarie 1848 wederregtelik en teen die sin van die meeste blanke inwoners die gebied tussen die Oranje-en Vaalrivier tot Britse grondgebied, t.w. die Oranjerivier-Soewereiniteit, verklaar het, het verl. Die republikeinsgesinde immigrante benoorde die Vetrivier besluit om hulle teen hierdie daad te verset. Hiervoor het hulle die hulp van Andries Pretorius, die bekende Voortrekkerleier, ingeroep, wat toe aan die Magaliesberg geboer het. Dit was hy wat aan Smith gesê het: “Hier vlug ons van die Britse gesag en waarheen ons wil, neem u alles in besit, waar moet ons heen? U sal daardeur die Emigrante-Boere tot twee weë dwing, nl. Om hul wettige gekoopte land te verdedig, of dieper die wildernis in te gaan.”

Tot die laaste uitweg was Pretorius en sy volgelinge nie meer bereid nie, en op grond van hierdie versetgees het Pretorius op 8 April 1848 “eene Algemene Oproeping” aan alle mense gerig “om ons wettige eygendom, welk ons goed en den bloet van mans, frouwens en kinderen heef gekos, weer om te vragen . . ., (want) siet gij niet dat gij UE niet kond vry trekken nog vlugten, maar neemt God in UE harten en dan zweert in UE handen en verdedig UE reg en UE vrijheid welk aan alle schepselen op den aardbodem is geschonken.” Aka fak M.C.E.v.S.

No comments: