2008/04/18

1658 : 18 April Geskiedenis Spoor Vandag : Moedertaal Onderrig


18 April
1658
Eerste skool aan die Kaap geopen


Die onderwys beginsel wat die Nederlandse volksplanters uit die Hervorming ontneem het, wou dat elke kind ‘n godsdienstig geïnspireerde opvoeding kry. Willem Wijland, die sieketrooster, was in afwesigheid van ‘n formele skool aanvanklik verantwoordelik vir die godsdiensonderrig van die kinders aan die Kaap. Die eerste skool was bedoel om die slawe touwys te maak in die Hollandse taal en die basiese beginsels van die Christelike geloof. Daar is vooraf besluit dat die slawekinders nie toegelaat sou word om hulle eie taal te handhaaf nie en om hulle aan te moedig om Nederlands te leer. Trouens, een van die voorwaardes waaronder slawe na 1658 hulle vryheid kon koop, was deur “. . . sprekende prompt de Nederduytsche tael . . .” In 1663, ‘n jaar na die vertrek van Jan van Riebeeck uit die Kaap, is die eerste skool opgerig, wat ook voorsiening vir blankes gemaak het. Hierdie skooltjie, die latere bekende solder skool, was nieteenstaande ‘n beskeie begin met twaalf blanke kinders, vier slawe- en een Hottentot kind, die voorloper van ‘n skoolstelsel waarin moedertaalonderrig en Christelike vorming ingebou sou wees. Aka fak P.J.v.d.M

No comments: