2008/04/18

1862 : 18 April Geskiedenis Spoor Vandag : Skorsing van die WSP



18 April
1862
Skorsing van Stephanus Schoeman as waarnemende Staatspresident van die ZAR


Op hierdie dag het die Volksraad van die ZAR besluit om Stephanus Schoeman uit sy betrekking as waarnemende president en as kmdt.-genl. en lid van die Uitvoerende Raad te skors, omdat hy aan “pligsversuim met voorbedagte-rade” skuldig bevind is. Schoeman het op 18 April die brief ongeopen aan die Volksraad teruggestuur, omdat dit nie aan hom as waarnemende staatspresident en kmdt.-genl. gestuur is nie, maar slegs aan die heer Schoeman gerig is. ‘n Deputasie het hom later mondeling van die besluit in kennis gestel, want die brief wou hy nie aanvaar nie. Die Volksraad het nietemin op dieselfde dag vir W.C.J. van Rensburg eervol uit sy amp as waarnemende kommandant-generaal ontslaan en eenparig as waarnemende president gekies en beëdig. Uit hierdie daad het onder meer ‘n ernstige burgeroorlog in Transvaal gevolg, wat in 1864 deur die toedoen van veral kmdt. S.J.P. Kruger met geweld en die dood van talle burgers beëindig is. Van Rensburg is in 1976 in die Heldeakker van Pretoria herbegrawe. Hy was tog in April 1863 wettig deur die volk bo M.W. Pretorius in die amp van staatspresident verkies. Aka fak M.J.S

No comments: