2008/03/23

Maart 23

1887
Dr. W. Nicol gebore

William Nicol is op Robertson gebore. ‘n Man wat as prediker, teoloog, kultuurmens, opvoedkundige en staatsman ‘n groot rol in die ontwikkeling van die Afrikaner gespeel het. In 1906 het hy sy BA-graad op Stellenbosch verwerf en daarna aan die Vrije Universiteit van Amsterdam en Princeton gestudeer. Vanaf 1913 tot 1938 was hy predikant van die NG Gemeente Johannesburg-Oos (Irene kerk) en daarna Pretoria-Oos. Hy was Moderator van die NG Sinode van Transvaal, 1934 tot 1948. In Johannesburg was hy ‘n voorvegter vir die erkenning van die Afrikaanse taal en vir die stigting van Afrikaansmediumskole. As boeiende spreker en fyn kultuurmens het hy die Afrikaner in die stad geïnspireer en gehelp om sy minderwaardigheidsgevoel teenoor die Engelse stadskultuur te oorwin. In 1948 het hy Administrateur van Transvaal geword en vir tien jaar sy reuse werk veral ten opsigte van opvoeding en kultuur voortgesit. Hy is op 22 Junie 1967 oorlede. Aka fak P.H.K

1962
Oranjerivier skema aangekondig

Na Suid-Afrika se uittrede uit die Statebond in Maart 1961, Republiekwording op 31 Mei van dieselfde jaar, en die Sharpeville terreur in 1962 het Suid-Afrika dit op ekonomiese gebied moeilik gehad. Flouhartiges en kapitaal het die land uitgevlug. Op 23 Maart 1962 kondig die Regering onder die premierskap van dr. H.F. Verwoerd egter die Oranjevivierskema aan met ‘n totale beraamde koste van R450 miljoen, maar wat uiteindelik honderde miljoene meer bedra het. Dit het ‘n keerpunt in die ekonomiese insinking gebring en versiende en vêrreikende vooruitsigte geskep vir veral ‘;n groot deel van die Republiek se hartland wat hoofsaaklik deur die Afrikaner bewoon en bewerk word. Die skema is aangepak met die oprigting van die Hendrik Verwoerd dam tussen Colesberg en Bethulie en die Ovis tonnel wat die dam met die Visrivier in Oos-Kaapland verbind. Mev. Betsie Verwoerd, eggenote van dr. Verwoerd wat in 1966 vermoor is, het die dam in 1972 ge-open. Die skema behels ‘n tweede dam, die P.K. le Roux-dam tussen Petrusville en Luckhoff, genoem na min. P.M.K. le Roux, Minister van Landbou-Tegniese Dienste en Waterwese in die eerste Republikeinse kabinet. FAK

No comments: