2008/03/13

Maart 13

HOU HIERDIE SPASIE DOP!!!!!!!
BAIE INTERESSANTE TOEVOEGING GAAN LATER VANDAG GEMAAK WORD
WIE SOU DAARVAN/HIERVAN GEWEET OF ONTHOU HET?
- en hier volg dit -
Belangrike Konferensie By Blignaut Se Pont
Samesprekings Agter Geslote Deure
Vaalrivier
13 Maart 1890


Op versoek van Paul Krüger het die Hoë Kommissaris, sir Henry Loch, en Cecil Rhodes hom gister ontmoet om oor gemeenskaplike belange te onderhandel. Die samespreking het gister van nege-uur in die môre tot vyfuur in die agtermiddag geduur, met ‘n kort onderbreking vir middagete. ‘n Groot aantal boere het met hul gesinne van Griekwaland-Wes en die Vrystaat gekom, hoofsaaklik om die president te ontmoet. President Krüger wou na afloop van die konferensie egter niks sê oor die verloop van die onderhandelinge nie. “Daar is nog niks vasgestel nie,” het hy gesê, “maar die hoofsaak is dat ons as vriende geskei het.”

Aangesien die samesprekings agter geslote deure plaasgevind het, weet niemand wat bespreek is nie. Dit is egter goed bekend dat die Republiek gretig is om Kosibaai te annekseer en Swaziland te beheer. Terwyl Rhodes in die noorde geen mededinger wil duld nie. President Krüger het ook geweier om kommentaar te lewer op die behandeling van die klompie Engelse wat ‘n paar dae gelede in Johannesburg hom geen kans gegee het om aan die woord te kom nie deurdat hulle luidkeels “God save the Queen” en “Rule Britannia” gesing het. Ander het die vierkleur verskeur en voor die woning van landdros Van Brandis ‘n volksoploop teweeggebring wat deur die polisie uitmekaar geja moes word. Die Nuusbode.


XxXxX

One example is sufficient to show the conduct of the Uitlanders toward the Boers, but thousands could be given. President Kruger journeyed to Johannesburg in order to learn from the newcomers what his government might do to improve the industry. A crowd met Mr. Kruger, and, after rude remarks on his personal appearance, sang " God save the Queen." Later the Transvaal flag was torn down from a staff in front of the house in which the President was conferring with leading residents of the city. The Transvaal Government, on the other hand, sought by all means in its power to secure the good-will of the newcomers, and frequent conferences between leading men of the Randt and the officials of the Government were held with that object in view. [71]

http://www.mainlesson.com/display.php?author=hillegas&book=people&story=gold&PHPSESSID=eaf6da86ec57cb263441018355fc6f20

Dublin street song sung by children during the Boer War :
The British they came marching
The Boer came in sight
The Boer took their rifles
And blew them out of sight
Sound the bugleSound the drum
And give three cheers for Kroojer
Away with Bullerand all his men
and HurrahFor Dan O’Connell

1900
Die Britse magte neem Bloemfontein in


Na die skitterende oorwinning by Magersfontein in Desember 1899 het die Boere hul sukses nie opgevolg nie en is lord Roberts toegelaat om sy magte op te bou. Na die oorgawe van genl. Piet Cronje met 4 000 man by Paardeberg is die opmars na die Vrystaatse hoofstad voortgesit. Aanvanklik wou pres. Steyn en genl. De Wet die hoofstad verdedig, maar vanweë die lae moreel van die burgers, om skade te voorkom en die burgerlikes lyding te bespaar, is besluit om na Kroonstad uit te wyk. Sonder slag of stoot, is Bloemfontein toe deur Roberts ingeneem. Aka fak M.C.E.v.S

1903
Genl. D.J. Joubert oorlede


David Johannes (ou Kat) Joubert (gebore op 7 November 1849) sterf op sy terugtog van Shirati na Dar-es-Salaam aan malaria nadat hy grond vir ‘n nuwe woongebied by die goewerneur van Duits-Oos-Afrika gekoop het, en word “in ‘n eensame graf weggelê, ver van huis en haard, in die weste van Duits-Oos”. Te midde van groot ontberinge het genl.. Joubert met ander lede van die landsoekersekspedisie, wat op 7 Januarie 1903 op Ermelo saamgestel is, gepoog om baanbrekerswerk te doen en so die steeds aanwesige trekgees van die Boere te bevredig deur nuwe gesigseinders oop te stel vir vêrdere trekke en moontlike uitbreiding van Suid-Afrika. FAK

1957
N.C. Havenga oorlede

Nicolaas Christiaan (Klasie) Havenga is op 1 Mei 1882 in die distrik Fauresmith gebore. Na sy opleiding aan die Grey Universiteitskollege tree hy tot die regspraktyk toe. Vir die duur van die Engelse Oorlog tree Havenga as private sekretaris vir genl.. J.B.M. Hertzog op. Hul vriendskap het na die oorlog voortgeduur, en Havenga het Hertzog se politieke vertroueling in die jare hierna geword. Havenga se eerste toetrede tot die aktiewe politiek was as LPR vir Fauresmith (1910 tot 1915) en LUK van die OVS. In 1915 word hy tot LV vir Fauresmith verkies, en hy dien as sodanig tot 1940. Van 1948 tot 1954 het hy die kiesafdeling Ladybrand in die Volksraad verteenwoordig. In die Hertzog-regering het hy die portefeulje Minister van Finansies van 1924 tot 1939 beklee, en daarna weer in dr. D.F. Malan se Kabinet, en wel van 1948 tot 1954. Na die oorlogsverklaring van 1939 en die mislukte hereniging pogings tussen die Hertzog-groep en die “gesuiwerde” Nasionale Party van dr. Malan, skei N.C. Havenga saam met genl.. Hertzog af en stig die Afrikanerparty. As ‘n leier het Havenga ‘n sentrale rol in die Afrikanerparty gespeel, en veral ten opsigte van ‘n gematigde nasionalisme, wat die party sterk gepropageer het. Met die algemene verkiesing van 1948, het die Herenigde Nasionale Party van D.F. Malan en die Afrikanerparty kragte gesnoer. In 1951 het die twee partye onder die ou naam, die Nasionale Party, saamgesmelt. In 1954 het Havenga hom aan die aktiewe politiek onttrek. Aka fak O.G

No comments: