2008/03/10

Maart 10

1850
C.C. de Villiers gebore


Met reg word Christoffel Coetzee de Villiers nie alleen die vader nie, maar ook die prins van die Suid-Afrikaanse genealogie genoem. Hy het feitlik alleen die geslagsregisters opgestel van byna alle Suid-Afrikaanse stamouers wat voor 1880 na die Kaap gekom het. Dis ‘n prestasie wat uniek is in die genealogiese wêreld. Om hierdie groot taak te verrig, het hy die doop- en trouregisters van die agt oudste gemeentes in ons land van 1665 tot 1810 deurgewerk en die inskrywings onder die betrokke familiename geïndekseer. Aangesien die registers van sommige gemeentes, soos Paarl en Stellenbosch, onvolledig was, het hy die leemtes probeer aanvul deur navorsing in die staatsargief en weesheer kantoor. Ongelukkig is hy jonk oorlede, op 4 September 1887 voor sy 38ste verjaarsdag, toe sy groot taak nog nie voltooi was nie. Die Kaapse parlement het toe ‘n som geld beskikbaar gestel vir die voltooiing van die werk deur G. McCall Theal en W.J. Vlok. In 1893 is die eerste deel van die Geslachtregister der oude Kaapsche Familiën gepubliseer, gevolg deur dele twee en drie in 1894. Hierdie registers is in 1966 deur Balkema herdruk en staan bekend as die De Villiers/Pama-herdruk. Aka fak J.A.H.

No comments: