2008/02/26

Februarie 26

1876
Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal gepubliseer


Die voorstanders van Afrikaans het dadelik besef dat ‘n Afrikaanse spraakkuns onontbeerlik is. Nog voor die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners skryf Een Ware Afrikaander (ds. S.J. du Toit) op 30 Januarie 1875 aan Klaas Waarzegger jr. (C.P. Hoogenhout) oor die Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal onder meer die Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal onder meer Die eerste vraag sal wees …wat is die Afrikaanse taal? Die eerste boekies is geskryf en gedruk ooreenkomstig ‘n bepaling in die statute van die GRA. Die naam van die vroegste werkie is Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal (1876), wat veral die hand van ds. S.J. du Toit verraai, maar waaraan ook eerw.. J.W. van der Rijst en C.P. Hoogenhout meegewerk het. Dit was maar dun en het slegs 29 bladsye leesstof bevat. Ses jaar later is dit herdruk en in 1897 deur ds. Du Toit enigsins omgewerk, toe 6 000 eksemplare van die Fergelykende Taalkunde fan Afrikaans en Engels, soos dit nou heet, gedruk is. In 1902 was ‘n herdruk al nodig. Die GRA is op hulle vergaderings gereeld op die hoogte gehou van die vordering wat gemaak is met die skryf en publikasie van Eerste Beginsels. Aka fak P.J.N

1956
Mej. L.F. Meyburgh oorlede

Louisa Frederika Meyburgh was ‘n merkwaardige dame. Na haar is reeds verwys as Port Elizabeth se eerste Afrikaanse predikant, Port Elizabeth se vroue-predikant, die moeder van die Moedergemeente (PE), die moeder van die NG Kerk in Port Elizabeth, die goeie Engel van Port Elizabeth, ‘n Engel van die Lig en ‘n Heldin van die stad. Sy is op 8 Augustus 1876 in Graaff-Reinet gebore en het in Cradock grootgeword. In 1900 het sy om gesondheidsredes na Part Elizabeth gekom, waar sy haar lewensroeping sou vervul. Port Elizabeth was toe ‘n buitewyk van die gemeente Uitenhage. ‘n Eie NG gemeente in Port Elizabeth is eers in 1907 gestig. Mej. Meyburgh, wat die godsdienstig was, het haar duidelik die lot van haar verarmde geloofs- en volksgenote aangetrek. Sy het geestelike en maatskaplike werk onder hulle begin doen, want geen Afrikanergesin durf vir kerk en volk verlore gegaan het nie. En weldra word die hele stad haar arbeidsveld. Sy bearbei die gemeente-in-wording feitlik op haar eie. In 1901 het sy met ‘n Sondagskoolklas en ‘n biduur kring begin. Sy hou selfs dienste, lei begrafnisse en beywer haar met hart en siel vir die stigting van ‘n eie NG gemeente in die hawestad. Op die armesorg akker lewer sy ‘n bydrae van monumentale omvang. Vir die hulpbehoewende Afrikaner was sy geneesheer, verpleegster, sieketrooster, landdros, raadgeefster, ‘n vriendin en ‘n moeder. Haar lewe was een van onbaatsugtige naaste diens. Ter nagedagtenis van haar is ‘n tehuis vir bejaardes, Huis Louisa Meyburg, in 1976 in Port Elizabeth opgerig. Aka fak H.O.T

No comments: