Die nag van 26 Februarie 1881 het ‘n Britse mag van ongeveer 400 man onder Generaal Colley die berg Majuba van die suidekant af beset. Om 21h30 het hulle weswaarts uit Mount Prospect beweeg tot by die Imkwelaberg en toe weer noordwaarts bokant O’Neill se plaashuis verby. Om 03h30 Sondagmôre
27 Februarie 1881 het die eerste soldate die kruin bereik. Weens die steilte en die nag, was die bestyging van die berg uiters moeilik. Hulle was afdelings van die 58ste, 60ste en 92ste (Skotse) regimente en ‘n afdeling seesoldate onder aanvoering van Kommandeur Francis Romilly, tweede in bevel van die mag. Hy het op die suidwestelike kruin gesneuwel.
Die Boere se strategie by Majuba
Veldkornet Fanus Roos en sy manne moes reguit na Gordon’s Knoll beweeg. Kommandant Joachim Ferreira en sy manne het parallel met Roos aan sy westekant beweeg. Veldkornette Malan en Trichardt met hulle manne het parallel met Roos aan sy oostekant beweeg. So is die kruin van drie kante af, noord, oos en wes beset. Van agter die skuiling van die groot terras (sien kaart) het die Boere met die ouderdom oor 50 jaar voortdurend met hulle koeëls die Britte op die kruin onder druk geplaas.
Die geveg bo-op Majuba
Die reserwe Britse soldate is agter ‘n lang randjie wat van wes na oos loop geplaas. Hulle was egter magteloos teen die moordende vuur van die Boere wat van drie kante af gekom het - Roos en sy manne vanuit die noorde, Ferreira en sy manne vanuit die weste en Malan en sy manne vanuit die ooste. Die Britte het suidwaarts oor die kruin gevlug. Hulle verliese was groot: Van die 400 het net 120 ongeskonde oorgebly. Van die 280 ongevalle was 92 dood, 135 gewond en 53 is gevange geneem. Die 120 Skotte het die swaarste gely - slegs 24 kon van die Boere se koeëls ontsnap.
Nadat die Britse garnisoene aan die suidekant van Majuba verjaag is, het ‘n digte mis en reën toegesak (‘n faktor wat verhoed het dat die Boere Mount Prospect kon inneem).
ONTHOU MAJUBA
DIE EERSTE VRYHEIDS OORLOG
Op 27 Februarie 1881 het die Boere die Britte 'n vernietigende slag toegedien op Majubaberg.
Toe was ons die oorwinnaars!
DIE TWEEDE VRYHEIDSOORLOG
1899 tot 1902 - Weer 'n vryheidsstryd teen die Britte. En die Britte het vir mekaar gesê:
"Remember Majuba!" 1881 se neerlaag moet herstel word!
Toe was ons die verloorders!
DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG
Weer in vryheidstryd teen kommunisme en wêreldgeldmag. Nou sê ons vir mekaar:
ONTHOU MAJUBA!!!
Laat die Majuba-oorwinning ons volk opnuut aanspoor om die volgende veldslag te wen
http://majuba.arkpark.net/monument.htm
Majuba
Waarom 'n gedenkteken by Majuba?
Die een belangrike kenmerk van die Boere-Afrikanervolk is sy hunkering en strewe na vryheid. In ons verlede moes ons eers veg vir ‘n eie land en daarna moes ons verder worstel om hierdie eie land te behou... en in die stryd het baie bloed van ons mense gevloei.
Ons geskiedenis word dus gekenmerk deur ongelooflike hoogte- en dieptepunte. Daar was momente van seëvierende oorwinning, maar daar was baie momente van pyn, lyding en hartverskeurende vernedering.
Die Boere-Afrikanervolk het deur die loop van jare by die meeste oorwinningsplekke en by die neerlaag- en pynplekke gedenktekens en monumente opgerig sodat die volk die gebeurtenisse moet onthou, en dit oorvertel aan ons kinders.
By Majuba, het die Boere, met die genade van ons Hemelse Vader, en deur skitterend strategies beplande vernuf en eendragtige optrede, die Engelse verslaan. Dit was die finale oorwinningslag oor die magtige Britse Ryk in die Eerste Vryheidsoorlog! Al was dit so ‘n groot neerlaag vir die Engelse, het hulle drie monument op die berg opgerig, en ons volk het nog geen gedenkteken opgerig om ons te herinner aan die Majuba oorwinning nie.
Tydens die 1996 Kongres van Aksie Vrouekrag (die kultuurorganisasie vir die Boere-Afrikanervrou), het hierdie saak onder bespreking gekom en die volgende besluite is geneem:
1. Dat die volgende kongres op 7 en 8 Maart 1997 DV aan die voet van die geskiedkundige Majubaberg, wat sy mooi voetheuwels uitstoot in die Transvaal, die Vrystaat en Natal, gehou word;
2. Dat tydens die Kongres ‘n monument opgerig moet word ter herinnering aan die oorwinning van die Boere oor Brittanje;
3. Dat die monument moet dien as inspirasie tot die eeufeesherdenking van die Tweede Vryheidsoorlog, want toe die Britte in 1899 weer ons land binne marsjeer, het hulle mekaar opgesweep en gefluister: "Remember Majuba";
4. Dat die monument 'n boodskap moet uitdra na die volk. Ons volk is nou in 'n ander wurggreep as in die verlede, dié van kommunisme en sy vennote. Die boodskap van die monument moet die volk vra om homself te ontworstel van die wurggreep wat al nouer om ons nekke trek. Met mag en mening moet ons volk onafhanklik word, op alle terreine van die volkslewe ons eie werk doen en terugvat wat aan ons behoort!
Ons volk moet bereid wees om al die hoër berge as Majuba eendragtig, sonder aarseling uit te klim! Klim die kranse van die onderwys, die gesondheid, oorlewing, kultuur, veiligheid, ja, klim die krans van selfoortuiging om alles op te offer vir vryheid! Bly klim met geloofskrag en wilskrag, tot ons weer ons eie Vaderland het!
Op die monument is ingegraveer die woorde van G. A. Watermeyer:
"Met moed, om teen die môrekim méér as Majuba uit te klim"
Aksie Vrouekrag vra die volk om eendragtig, klimmend te veg en vegtend te klim!
Lucia van den BergVoorsitter
Die Majuba monument
(Kort samevatting van toespraak by onthulling van Majuba-monument)
Die twee grootste gedenkdae in die Boerevolk se geskiedenis is die slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 en die slag van Majuba op 27 Februarie 1881. Die eerste was die Boerevolk se oorlewing teen barbarisme en die tweede sy oorlewing teen Britse Imperialisme. Beide veldslae was wonderwerke - wonderwerke van God. As ons as Boerevolk dit nie meer raaksien nie, dan sal hierdie monument ons daaraan herinner. As ons God se almag en beskikking in ons vryheidstryd vergeet, sal die klippe van hierdie berg (Majuba) dit uitroep.
In die 19de eeu was Groot Brittanje die magtigste wêreldryk op aarde. Hulle het byna een-vyfde van die aarde se oppervlakte besit. Hulle hebsug en magswellus was onstuitbaar - totdat hulle hul teen die berg van Majuba vasgeloop net. In ongeveer 80 oorloë wat Brittanje in die l9de eeu rondom die aardbol gevoer het, het hulle slegs één verloor: teen die Boere in die Eerste Vryheidsoorlog van 1880 - 1881. En met Majuba is die magtige Britse ryk tot in sy fondamente geskud. Die trilling van ‘n politieke aardbewing het deur die wêreld gegaan. Die Engelsman kon hierdie veldslag nog nooit verwerk nie en Majuba het Engeland se grootste, bose wraak ontketen. ‘n Verbitterde koningin Victoria het by die Engelse se verpletterde neerlaag uitgeroep: "I don’t like peace before our honour is not retrieved." "Remember Majuba!" was die Tommie se oorlogskreet en 20 jaar later het Groot Brittanje met sy derduisendes toegeslaan om strome bloed oor ons velde te laat vloei. En toe hulle nie ons dapper burgers kon oorwin nie, het hulle teen ons vrouens en kinders begin veg. In 45 konsentrasiekampe het byna 27 duisend binne 18 maande gesterf. 0ok ongeveer 30 duisend Boereplase is tot die grond vernietig. Swart rookwolke het maandelank die lug oor die Transvaalse en Vrystaatse velde donker gemaak.
En ons vandag? Weer eens is ons volk in die krisis om te oorleef. Die duiwelse doelwit om hierdie volk met sy protestantse godsdiens, sy Afrikaanse taal en kultuur te vernietig, is nog nooit laat vaar nie. Maar laat ons ‘n slag by hierdie monument gaan stilstaan en oor hom na die berg Majuba in die agtergrond kyk. Laat ons nuwe besieling uit God se reddingsdade van die verlede put - en vooruit en opwaarts beur!
(Prof Victor d’Assonville)
27 Februarie 1881
Die Slag by Amajuba
GESKIEDENIS VAN MAJUBA
Die Oorwinning van Majuba:
“Die Heuwel van die duiwe”
27 Februarie 1881
Die anneksasie van die ZAR op 12 April 1877 het meegebring dat baie van die grootste sentra van die Transvaal beset was deur die Britse garnisoene. Die herstel van die ZAR op 13 Desember 1880 het weer openlike vyandelikhede tussen die Transvaalse burgers en die Britse besetters laat uitbreek.Om Pretoria te ontset is ‘n Britse leërafdeling van Lydenburg af gestuur. Naby Bronkhorstspruit is die mag deur genl. Frans Joubert totaal verslaan en gevange geneem. Dit was die eerstes van ‘n reeks neerlae wat die Britte gedurende die Eerste Vryheidsoorlog teen die Boere sou ly. Genl. sir George Pomeroy Colley was luitenant-goewerneur van Natal, maar sy pogings om met sy ontsettingsmag na Transvaal deur te dring, is verydel deur genl. Joubert, die Transvaalse kommandant-generaal wat met ongeveer *2 000 man die toegang deur die Drakensberg by Laingsnek versper het. Twee keer, by Laingsnek op 28 Januarie 1881 en by Schuinshoogte op 8 Februarie 1881, moes Colley na sy militêre kamp by Mount Prospect terugkeer om sy wonde te gaan lek. Begerig om sy geskonde reputasie ná al die neerlae te herstel het Colley ‘n laaste poging aangewend deur op 27 Februarie die berg Amajuba te beset. Colley wou met die oorheersende hoogte in sy besit, poog om met ‘n hernieude aanval op die toegangsweg sy opmars na Transvaal geslaag op dreef te kry. By wyse van ‘n nagmars het hy dit reggekry om in die nag van 26/27 Februarie 1881 troepe op Amajuba te plaas. Hiermee het hy ‘n verrassing behaal, want dit was eers na dagbreek dat genl. Joubert van die ontstellende feit kennis geneem het. Joubert wat besef het dat sy linie aan weerskante van Laingsnek nou deur omvleueling bedreig word, het aan genl. N. Smit opdrag gegee dat Amajuba ingeneem moet word. Veldkornet Fanus Roos en sy manne moes reguit na Gordon’s Knoll beweeg. Kommandant Joachim Ferreira en sy manne het parallel met Roos aan sy westekant beweeg. Veldkornette Malan en Trichardt met hulle manne het parallel met Roos aan sy oostekant beweeg. So is die kruin van drie kante af, noord, oos en wes beset. Van agter die skuiling van die groot terras het die Boere ouer as die ouderdom van 50 jaar voortdurend met hulle koeëls die Britte op die kruin onder druk geplaas.Colley het aanvanklik min gedoen om sy magte ordentlik op die kruin te verskans. Hy was ook traag om artillerie teen die berg uit te sleep. Verder het hy geen werklike plan in werking gestel om die Boerestellings weerskante van Laingsnek met ‘n gekoördineerde aanval van Amajuba af en sy kamp by Mount Prospect aan te pak nie.Nadat hy die borswering en ‘n viertal koppies op die rand van die plato beset het, het hy dadeloos gewag, skynbaar om sy soldate geleentheid te bied om uit te rus, salig onbewus van die ontplooiing van die storm groepe wat onder dekking van die grond, besig was om die berg te bestyg. Teen ongeveer *12h45 die middag was die Boere in posisie om die borswering van die plato en gereed vir die finale stormaanval. Terwyl ‘n speerpunt van ongeveer *60 burgers vorentoe beweeg, het die res dekkingsvuur verskaf en met moordende akkuraatheid die Britse rooi en blou baadjies wat duidelike teikens agter hul yl skanse was afgemaak. Colley wat op die tydstip besig was om te dut, is totaal verras en nòg hy, nòg sy troepe in linie of die reserwes kon die inbraak deur die borswering op die kruin afweer. Teen ongeveer *eenuur was die inbraak voltooi en het die Boere deur die doelwit begin veg, terwyl die Britse soldate voor hulle suidwaarts oor die gelykte wat die berg bo-op vorm, vlug en sneuwel. Geen teenaanval kon deur Colley georganiseer word nie en terwyl hy deur die induiestorting van sy verdediging vasgenael staan en toekyk, is hy dodelik getref. Sommige soldate het tydens hul vlugtog oor die rand van die suidelike kruin die afgrond afgestort, die meerderheid wat nie gedood of gewond is nie, het oorgegee. Dit was die mees verpletterende neerlaag wat ‘n Britse leërafdeling sedert Isandhlanwane gely het.Die uitslag as ‘n besliste neerlaag van die hele reeks gevegte van die Eerste Vryheidsoorlog is deur die Liberale regering van Gladstone aanvaar en ‘n wapenstilstand is met die Boere aangegaan. Dit het gelei tot die Pretoriase konvensie in 1881 en tot die Londense konvensie in 1884 wat die onafhanklikheid van die ZAR weer eens herstel het. Die oorwinning van Amajuba kan beskou word as die geboorte-uur van moderne Afrikaner Nasionalisme.*Getalle en tye word verskillend deur verskeie bronne aangedui, en moet slegs as benadering gesien word.
1900
Oorgawe van genl. P.A. Cronje
Nadat veldmaarskalk Roberts genl.. Piet Cronje se strategiese stellings by Magersfontein omvleuel het, was Cronje met die tweede belangrikste Republikeinse leër in gevaar om ingesluit te word. Omdat hy sy walaer saam met sy mag van bykans 4 000 man wou red en nie insig genoeg geopenbaar het om Roberts se strategie vooruit te loop nie, is hy uiteindelik op 17 Februarie 1900 op die plaas Wolwekraal, nie ver van Paardeberg nie, teen die Modderrivier, vasgedruk. Tien dae lank is tevergeefs weerstand gebied teen ‘n Britse oormag van 33 000 man, met 120 kanonne wat Cronje van alle kante bestook het. Sy laaste poging om te ontkom, is op 26 Februarie verydel toe sy geïmproviseerde wabrug oor die steeds voller wordende rivier deur Britse artillerievuur vernietig is. Die lyding van die kinders, vroue en burgers in sy bomverflenterde laer, waar honger, koue, gebrek aan medikamente, die wil tot verder weerstand begin ondergrawe het, het ‘n breekpunt veroorsaak. Die meerderheid van sy burgers het oorgawe geëis. Toe teen dagbreek die voorspel tot die finale stormloop met ‘n bombardement ingelui is, het enkele wit vlae bokant die laer verskyn. Die krygsrumoer het bedaar, en Cronje het ‘n nota uitgestuur en ‘n rukkie later onder geleide van Britse boodskappers persoonlik na Roberts uitgery en met 46 offisiere en 3 873 man oorgegee.
1900
Oorgawe van genl. P.A. Cronje
Nadat veldmaarskalk Roberts genl.. Piet Cronje se strategiese stellings by Magersfontein omvleuel het, was Cronje met die tweede belangrikste Republikeinse leër in gevaar om ingesluit te word. Omdat hy sy walaer saam met sy mag van bykans 4 000 man wou red en nie insig genoeg geopenbaar het om Roberts se strategie vooruit te loop nie, is hy uiteindelik op 17 Februarie 1900 op die plaas Wolwekraal, nie ver van Paardeberg nie, teen die Modderrivier, vasgedruk. Tien dae lank is tevergeefs weerstand gebied teen ‘n Britse oormag van 33 000 man, met 120 kanonne wat Cronje van alle kante bestook het. Sy laaste poging om te ontkom, is op 26 Februarie verydel toe sy geïmproviseerde wabrug oor die steeds voller wordende rivier deur Britse artillerievuur vernietig is. Die lyding van die kinders, vroue en burgers in sy bomverflenterde laer, waar honger, koue, gebrek aan medikamente, die wil tot verder weerstand begin ondergrawe het, het ‘n breekpunt veroorsaak. Die meerderheid van sy burgers het oorgawe geëis. Toe teen dagbreek die voorspel tot die finale stormloop met ‘n bombardement ingelui is, het enkele wit vlae bokant die laer verskyn. Die krygsrumoer het bedaar, en Cronje het ‘n nota uitgestuur en ‘n rukkie later onder geleide van Britse boodskappers persoonlik na Roberts uitgery en met 46 offisiere en 3 873 man oorgegee.
Aka fak C.M.B
1907
Generaal Botha Word Eerste Minister
Pretoria
‘n Oorwinning wat die stoutste verwagtinge van die Het Volkparty oortref het, is vandag by die stembus behaal. Die Progressiewe Party het met sy verkiesingsleuse “Vote British” slegs 21 setels, Het Volk daarenteen 37 setels met behulp van die Arbeidersparty verower. Die eerste Transvaalse kabinet sal saamgestel word deur genl.. Louis Botha, terwyl genl. Jan Smuts genoem word as “koloniale sekretaris” (minister van binnelandse sake). Verder verneem ons uit betroubare bron dat die heer Johann F.B. Rissik in Botha se kabinet sal dien. Onder die nuwe parlementslede waaruit die kabinet verder saamgestel sal word, is bie name van bekende Boereleiers. Ons noem slegs genl. J.H. de la Rey en genl.. Schalk W. Burger, asook generaals D.J.E. Erasmus, L.A.S. Lemmer en baie kommandante uit die jongste oorlog. Die byeenkomste van die Wetgewende Vergadering sal plaasvind in die saal in die Goewermentsgebou aan die Kerkplein, waar die Tweede Volksraad tydens die Republikeinse regering gesit het. Die goewerneur het die reg om die lede van die Wetgewende Raad te benoem. Sir George Farrar van die Progressiewe Party, wat nou die leier van die opposisie is, was een van die vier “reformers” wat na die Jameson-inval ter dood veroordeel was.
1907
Generaal Botha Word Eerste Minister
Pretoria
‘n Oorwinning wat die stoutste verwagtinge van die Het Volkparty oortref het, is vandag by die stembus behaal. Die Progressiewe Party het met sy verkiesingsleuse “Vote British” slegs 21 setels, Het Volk daarenteen 37 setels met behulp van die Arbeidersparty verower. Die eerste Transvaalse kabinet sal saamgestel word deur genl.. Louis Botha, terwyl genl. Jan Smuts genoem word as “koloniale sekretaris” (minister van binnelandse sake). Verder verneem ons uit betroubare bron dat die heer Johann F.B. Rissik in Botha se kabinet sal dien. Onder die nuwe parlementslede waaruit die kabinet verder saamgestel sal word, is bie name van bekende Boereleiers. Ons noem slegs genl. J.H. de la Rey en genl.. Schalk W. Burger, asook generaals D.J.E. Erasmus, L.A.S. Lemmer en baie kommandante uit die jongste oorlog. Die byeenkomste van die Wetgewende Vergadering sal plaasvind in die saal in die Goewermentsgebou aan die Kerkplein, waar die Tweede Volksraad tydens die Republikeinse regering gesit het. Die goewerneur het die reg om die lede van die Wetgewende Raad te benoem. Sir George Farrar van die Progressiewe Party, wat nou die leier van die opposisie is, was een van die vier “reformers” wat na die Jameson-inval ter dood veroordeel was.
No comments:
Post a Comment