1657
Eerste toekenning van grond aan Vryburgers aan die Kaap
Op hierdie dag het die eerste “nege vrije luyden” grond aan die Kaap gekry. Die burgers kon hulle eie grond uitkies en is in twee kolonies gevestig, nl. Harmanskolonie en Stevenskolonie. Hulle moes die landbou op vasgestelde voorwaardes bevorder. Die Kompanjie sou aan die Vryburgers plaasgereedskap en trekosse voorsien, en vêrdere benodighede kon hulle op krediet van die Kompanjie koop. Dit was hulle toegelaat om vrylik handel te dryf met die skepe vanaf die derde dag dat die bote die hawe binnegekom het. Onder hierdie bedeling sou die burgers dus vrygestel word van diens aan die VOC. Die volksplanting is bevestig en volks wording is moontlik gemaak. Die Vryburgers se status het verander van werknemers tot werkgewers, en hulle sou op selfstandige wyse die beroep beoefen wat hulle nageslagte jare lank na hulle sou doen, naamlik die van boer, waaruit die eretitel Boer gegroei het. Die feit dat hulle nou grondbesitters was, het die Vryburgers in die Suid-Afrikaanse bodem laat wortelskiet; dit het aan hulle ‘n eie trots gegee en later ‘n nasionale gevoel en ‘n gevoel van samehorigheid gekweek. Die feit dat hulle vrye burgers was, het hulle in die geleentheid gestel om later die binneland te verken en –plase noordwaarts te beset om sodoende die blanke beskawing uit te dra. Hulle was nou nie meer emigrante arbeiders weg van Nederland nie – Suid-Afrika het hulle vaderland geword. Die instelling van die Vryburgers kan dus beskou word as die geboorte van die Afrikaanse volk. Hier het ons volk sy eie tuiste gevind as grondbesitters in ‘n eie land. Aka fak P.G.N
1862
Henriëtte Armstrong gebore
Henriëtte Ester Carolina Armstrong (gebore Oberholzer) was ‘n Afrikanervrou wie se werk en vreugde die opheffing van haar volk was. Sy is op Fauresmith gebore en het met die uitbreek van die Engelse Oorlog in 1899 haar as verpleegster by die kommando van genl.. Piet Joubert aangesluit. Na die inname van Pretoria op 5 Junie 1900 keer sy na die hoofstad terug en organiseer ‘n groep vrywillige verpleegsters om in die Konsentrasiekamp op Irene te verpleeg. Na die oorlog word mev. Armstrong ‘n ywerige lid van die SA Vrouefederasie, wat sy in 1904 help stig het. Sy is ook een van die stigters van die Langlaagte-weeshuis vir oorlogswese, en tydens die Rebellie van 1914 dien sy in ‘n hulp komitee wat die rebelle gevangenes van voedsel voorsien. Sy help ook in 1916 met die organisasie van die vroue-optog wat amnestie vir die gevangenes beoog. Mev. Armstrong is op 17 Oktober 1944 in Pretoria oorlede. FAK
1877
Prof. J.D. du Toit (Totius) gebore
Jacob Daniël du Toit is meer bekend onder sy digters naam Totius – die naam wat sy studentevriend, B.J. Esser in 1901 in Amsterdam aan hom gegee het. Sy lewe, wat vroeg in 1877 in die Paarl ‘n aanvang geneem het, vind 76 jaar later ‘n graf in Potchefstroom. ‘n Buitengewoon vol lewe: skitterende student, Kaapse rebel saam met die Boeremagte, ‘n predikant, ‘n professor in Teologie, ‘n Bybel vertaler, ‘n volksman, ‘n kerkman, ‘n Psalm berymer, ‘n taalstryder, ‘n digter… onder sy eie mense en oorsee geniet sy werk groot erkenning: nege doktorsgrade word aan hom toegeken! Dr. J.D. Kestell noem hom op ‘n keer namens die volk: “Ons innige geliefde Totius.” Duisende het gewag op sy boodskap soos in die stadsale van Johannesburg en Bloemfontein, by ons grootste monumente soos die Vrouemonument en die Voortrekkermonument. In sy tuisdorp het hy sy studente geïnspireer met sy lesings, en Sondae is die kerkvolk meegesleep met sy prediking. Uit die ryke verskeidenheid van Suid-Afrika se bodem, is hierdie seun van hom gevoed: die Paarl in die Boland, waar hy gebore is in die lug van die Genootskap van Regte Afrikaners, die Magaliesberge in Rustenburg se wêreld, waar die woord vryheid ‘n betekenis in die gees van Paul Kruger kry, Burgersdorp in die Oos-Karoo, waar die mense taai is soos die besembosse teen die kliprante. En dan volg ons hom saam met die burgers van die twee Boererepublieke. Totius se spore gaan ook langs die hange van die Natalse slagvelde, waar hy gewondes moet versorg en lyke moet dra. Ons vind hom in die vuurlinie van Magersfontein naby Kimberley. As Kaapse rebel moet hy saam met ander voor die oorwig van lord Roberts uitwyk, en dit laat hom in Amsterdam beland. Dit is ‘n beskikking wat hom ‘n groot geleerde maak. Hierna kry Totius ‘n woonplek op Potchefstroom, waar hy op die puinhope van die oorlog oor die hele Wes-Transvaal predikantswerk moet doen. Hier word hy professor, skryf hy sy gedigte, hier naby tussen ‘n lap doringbome vertaal hy die Bybel in Afrikaans en berym hy die Psalms. Hier in Potchefstroom word twee kinders binne twee maande deur die dood weggeruk. Maar Passieblomme word gebore en Totius se verlies was die volk se wins. Die profeet van die ou hoofstad van Transvaal, het ook die profeet van die Afrikanervolk geword. Hy is op 1 Julie 1953 in Pretorius oorlede. Aka fak V.E.D

No comments:
Post a Comment