2008/02/19

Februarie 19

1730
Jan de la Fontaine as goewerneur van die Kaapkolonie benoem


Die Kaapse koloniste het op hierdie dag met blydskap verneem dat Jan de la Fontaine die nuwe goewerneur aan die Kaap sou wees nadat hy reeds 20 jaar getroue diens aan die Kompanjie gelewer het. Hy het die agting en liefde sowel van die burgers as van die amptenare aan die Kaap geniet. Soos die gewoonte onder die vooraanstaande Kapenaars van die 18de eeu was, is daar ook in die huis van die goewerneur musiek gemaak en verskeie musiekinstrumente bespeel. In 1735 laat die goewerneur vir sy dogter ‘n kamer orrel met tien tot twaalf registers bou. Met sy vertrek na Nederland in 1737 het hy hierdie orrel aan die kerkraad van die Groote Kerk in Kaapstad verkoop. Dit was die eerste kerkorrel in Suid-Afrika. Aka fak J.C.P


1856
Vrystaatse onafhanklikheidsdag tot feesdag verklaar


1871
J.M.C. Schonegevel oorlede


Johan Marthinus Carstens Schonegevel is in 1819 in Kaapstad gebore en het bekendheid verwerf as kunstenaar, litograaf en kopieërpersdrukker. In 1849 het hy die beroemde maar skaars litografie van die anti-bandiete vergadering vervaardig, en in 1856 ‘n Maleise kategismus in Arabiese letters, maar met Afrikaanse woorde gedruk. Hy is in Kaapstad oorlede. FAK

No comments: