1888
Hans Aschenborn gebore
Hans Anton Aschenborn, bekende skilder en grafiese kunstenaar (houtgravures en etse) is in Kiel, Duitsland gebore, ontvang aan die Reform-Realgymnasium kunsonderrig om ‘n talent wat hy klaarblyklik van sy vader geërf het, te ontwikkel. In 1909 emigreer hy na SWA waar hy hom op die plaas Quickborn, Okahandja, vestig. Ondanks ernstige terugslae tydens en na die Eerste Wêreldoorlog, het hy hierdie nuwe land liefgekry, wat weerspieël word in sy kunswerke. Hy keer na Duitsland terug met die vaste voorneme om hom later weer in Suidwes te vestig, maar sterf op 10 April 1931 in Kiel, voordat hy die ideaal kon verwesenlik. Op Stellenbosch, waar hy gewoon het na die Eerste Wêreldoorlog, het hy met Pierneef, J.F.W. Grosskopf en Sangiro bevriend geraak. Hy illustreer baie van Nasionale Pers se publikasies met pensketse, en sy eie prosa sketse oor die dierelewe word deur Sangiro vertaal en in 1925 onder die titel Die Adelaar en ander Diereverhale uitgegee. FAK
1891
Onze Taal gestig
Hierdie Rederykerskamer is gestig met die doel om “die welsprekendheid van die Hollandsche taal” te beoefen en “de bevordering van gesellig verkeer in kleine kring”. Op 18 Maart 1891 was die eerste uitvoering. Hierdie vereniging het veral programme met voordragte van gedigte, en veral deur die invloed van D. Balfoort en sy eggenote, musiek en sang gelewer. Dit was net so ‘n geslote vereniging soos die gewone Rederykerskamer van die tyd. Die vergaderplek is deurgaans aangegee as die Good Templars Hall. Die tweejarige bestaan is deur geleentheid digters besing. Aan hierdie fees verrigtinge het onder andere J.F. Celliers, D. Balfoort en Anton van Wouw deelgeneem. Dr. F.V. Engelenburg ontvang in 1893 van die Taalfeeskommissie ‘n silwerpenning namens Onze Taal. Die Engelse Oorlog het Onze Taal gedwing om sy werksaamhede tydelik te staak. In Maart 1904 herleef die vereniging weer onder voorsitterskap van ds. Lingbeek. Met die opkoms van Afrikaans as volkstaal was die vereniging se ondergang onvermydelik. Aka fak prof. dr. P.G.Nel
1896
S. le Roux Marais gebore
Stephanus le Roux Marais is in die distrik Bloemfontein gebore. Hy studeer aan die SA College of Music in Kaapstad en daarna aan die Royal College of Music, Londen. In die daaropvolgende 32 jaar beklee hy verskillende NG Kerkorrel poste en ook onderwysposte. In 1945 trou hy met Edith Reinet. Marais is ‘n baanbreker op die gebied van die Afrikaanse kunslied. In 1928 is sy Vier Afrikaanse Sangstukke gepubliseer, en in die daaropvolgende vyf jaar het hy 23 diplomas by die Kaapstadse Eisteddfod verower. In ‘n tydperk toe die repertorium van Afrikaanse kunsliedere nog skraal was, het Marais se liedere onmiddellik treffers geword, soos Heimwee (J.R.L. van Bruggen) (1930). Min gedigte weerspieël ‘n komponis se lewensbenadering en gees so volkome soos hierdie gedig:
My hart verlang na die stilte
Van die wye wuiwende veld …

HEIMWEE
Woorde: J.R.L. VAN BRUGGEN
Musiek: S. LE R. MARAIS
My hart verlang na die stilte
van die wye wuiwende veld
ver van die stadsgeluide,
en die klinkende klank van geld.
Ek is moeg vir die rustelose lewe
van mense wat kom en gaan.
'k Wil terug na die vrye ruimte,
waar 'n siel in woon, wat verstaan.
O, ek sien weer die son op die velde
en die ewige blou daar bo.
En my hart skiet vol van heimwee,
en my drome swem in my oë,
en my hart skiet vol van heimwee,
en my drome swem in my oë.
Ek sien weer die ylbloue berge
daar ver oor die westerkim
en wonder nie meer waarom weemoed
so sag uit my liedere klim.
Klim na die grys lug bowe
waar die son in die miste kwyn,
want o, ek verlang na die velde,
na die ewige sonneskyn.
Marais se direkte benadering, verbonde aan sy fyn aanvoeling vir die Afrikaanse taal, die trefkrag van sy melodieë en sy begrip van die vereistes van die menslike stem, het algemene gewildheid vir sy liedere verwerf. Jare gelede, skryf Emol, kritikus van Die Burger, “Heimwee gee my moed vir die toekoms”, In Werklikheid het Marais Afrikaans tot sangtaal verhef. Die Roos, http://www.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/musiek/148.mid Kom dans Klaradyn en ander liedere bly gedenktekens van sy skeppingsvermoë. Teen 1946 is 56 liedere gepubliseer. Hierdie beskeie, opregte Afrikaner het veel bygedra tot die Afrikaanse kunsliede en het ons opnuut laat luister na ons digkuns en ons geleer om die skoonheid van ons vaderland deur middel van klank te waardeer. Aka fak dr. C.G.Henning
No comments:
Post a Comment