1900
Spioenkop laat die Vierkleur wapper!
Genl. Buller van die Britse Natalse magte moes die “BLACK WEEK” van Desember 1899, toe Britse soldate op verskeie plekke deur die Boere militêr verneder is, uitwis. Sy plan was om weer eens te probeer om Ladysmith te ontset.
Om sy roete hierheen te beveilig, wou hy eers Spioenkop in die Tabanyama-bergreeks suidwes van Ladysmith beset.
Op 23 Januarie 1900 slaag die Britte skitterend in die nag hiermee.
Genl. Louis Botha het egter dadelik op HEROWERING besluit.
Die leier was kmdt. Hendrik Prinsloo van Carolina, bygestaan deur kmdt. Rooi Daniël Opperman van Pretoria.
LIGDAG van 24 Januarie 1900 was die Boere op die kruin en is daar met geweerkolf en gevelde bajonet geveg. Naderhand het seshonderd Boere teen drie-duisend Britte geveg.
Spioenkop laat die Vierkleur wapper!
Genl. Buller van die Britse Natalse magte moes die “BLACK WEEK” van Desember 1899, toe Britse soldate op verskeie plekke deur die Boere militêr verneder is, uitwis. Sy plan was om weer eens te probeer om Ladysmith te ontset.
Om sy roete hierheen te beveilig, wou hy eers Spioenkop in die Tabanyama-bergreeks suidwes van Ladysmith beset.
Op 23 Januarie 1900 slaag die Britte skitterend in die nag hiermee.
Genl. Louis Botha het egter dadelik op HEROWERING besluit.
Die leier was kmdt. Hendrik Prinsloo van Carolina, bygestaan deur kmdt. Rooi Daniël Opperman van Pretoria.
LIGDAG van 24 Januarie 1900 was die Boere op die kruin en is daar met geweerkolf en gevelde bajonet geveg. Naderhand het seshonderd Boere teen drie-duisend Britte geveg.
VROEGOGGEND het albei partye besluit om te vertrek,
MAAR die Boereleiers het hulle manne kruin toe
teruggedryf en die VIERKLEUR gehys.
Aan Britse kant het meer as 1 000 en an Boerekant 60 man op die kop gesneuwel. Rondom Spioenkop is vir nog ses dae hierna geveg.
In 1964 het Staatspresident C.R. Swart ‘n Boere monument op Spioenkop onthul. Die slagveld is ook andersins as terrein herstel.
In 1964 het Staatspresident C.R. Swart ‘n Boere monument op Spioenkop onthul. Die slagveld is ook andersins as terrein herstel.
1904
P.P.B. Breytenbach gebore
Petrus Philippus Benjamin (Breytie) Breytenbach, die leidende figuur van die Suid-Afrikaanse Toneel, en dus ook van die Afrikaanse Toneel, van die vyftigerjare, is in die distrik Wepener gebore en op Bloemfontein as handel skoolonderwyser opgelei. In 1927 gaan hy na Krugersdorp, waar hy ‘n leidende figuur word in die Krugersdorpse Munisipale Vereniging vir Drama en Opera, terwyl hy ook hoof van die plaaslike Tegniese Kollege is. Sy belangstelling in die amateurtoneel, wat daartoe lei dat hy alle toneelvereniginge in die land wil saamsnoer, die Afrikaanse en die Engelse, loop uit op die stigting van FATSA (die Federasie vir Amateur toneelvereniginge in Suid-Afrika) op 14 Desember 1938 op Krugersdorp, en hy word as president daarvan verkies. Met die instelling van die Nasionale Toneelorganisasie (NTO) in 1947, die eerste staatsondersteunde beroeps teater in Suid-Afrika, word mnr. Breytenbach tot voorsitter gekies. In 1952 word hy direkteur. Toe die NTO in 1962 opgaan in die nuwe bedeling van streekrade vir die uitvoerende kunste, word hy die eerste direkteur van TRUK (Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste), ‘n posisie wat hy tot en met sy aftrede in 1967 beklee. Hy is in 1951 deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met die Erepenning vir Toneel bevordering.
Aka fak M.J. Grobbelaar
1959
Die Wonder van Afrikaans-fees
Op die dag het ‘n uniale konferensie van die FAK in Johannesburg waar 150 mense teenwoordig was, die reëlings vir die landwye viering van Afrikaanse Taalfeeste beklink. Die Uitvoerende Komitee het op 31 Julie 1958 ‘n dringende voorstel bespreek: “Dr. M.S. du Buisson (sekretaris van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns) versoek dat die FAK in 1959 Taal feeste reël, in aansluiting by die feesvieringe ter herdenking van die vyftigjarige bestaan van die S.A. Akademie”. Die saak is op 2 Oktober 1958 by die FAK-kongres weer te brede gebring en die dagbestuur van die FAK het volmag ontvang om die fees reëlings te tref. ‘n Reëlingskomitee met onderkomitees is gestig, program raamwerke is opgestel en omsendbriewe is landwyd uitgestuur. Op ‘n vergadering op 27 November 1958 is mnr. C.D. (Douglas) Fuchs se voorstel vir ‘n fees tema – die Wonder van Afrikaans – aanvaar. Dit het gou geblyk dat die fees – van 6 April tot 30 Mei 1959 (31 Mei was ‘n Sondag) – die hele volk aangryp. Die aanvangs fees was op 6 April in Kaapstad, asook by die Van Riebeeck skool by Thomson’s Falls in Kenia en feesvieringe het hiervandaan noord- en suidwaarts feitlik van dorp tot dorp plaasgevind tot by die hoogtepunt op 30 Mei by die Voortrekkermonument in Pretoria. In die Kaapstadse stadsaal het prof. H.B. Thom, voorsitter van die FAK, die feesvieringe ingelui met ‘n huldiging aan dr. D.F. Malan wat kort tevore op 7 Februarie 1959 oorlede is. ‘n Fees embleem van mnre. H.N. Tredoux en M. Lohkamp is op verskeie wyses versprei. Lapelwapens is op ‘n wedstryd grondslag verkoop en binne vier maande het die bestellings van 10 000 tot 20 000 tot 30 000 en uiteindelik tot
72 000 gestyg. Van die gemonteerde embleme op ‘n hout voetstuk is 1 200 versprei. Dit was nie net die Afrikaners wat fees gevier het nie: Engelsmedium en Kleurling skole het duisende mense na hul vieringe getrek. Langs die fees pad het skares van tot 8 000 mense op plekke deel aan die vieringe gehad. In Johannesburg het Afrikaanse verpleegsters hul eie Emily Hobhouse-eed in Afrikaans in gebruik geneem. Op Welkom is ‘n taalfeesmonument onthul. Op 29 Mei het op die straat plakkate van ‘n Engelse koerant gepryk: “Vandag praat ons Afrikaans”, en was die koerant se hoofartikel die eerste keer in Afrikaans. Die Wonder van Afrikaans-fees het ook ver oor die landsgrense gestrek, tot in Holland, Amerika, Wes-Duitsland, Engeland, België, Australië, Swede, Kanada, Portugal, Belgiese Kongo, Egipte, Spanje, Griekeland, Oostenryk, Italië, Switserland en Frankryk. Met eie Bantoe-taalfeeste het die swartmense hulle welwillendheid teenoor Afrikaans getoon. Die hoogtepunt van die vieringe op 30 Mei in die Amfiteater van die Voortrekkermonument is deur 60 000 bygewoon waar ‘n indrukwekkende geleentheidstuk, geskryf deur mnr. Douglas Fuchs, opgevoer is en die Eerste Minister, dr. H.F. Verwoerd, in sy geleentheidstoespraak na Afrikaans verwys het as “die taal van ons wonderlike toekoms”. FAK
No comments:
Post a Comment