1831
Genl. P.J. Joubert gebore
Petrus Jacobus Joubert is op Damaskus naby Prins Albert gebore en was naas Paul Kruger die gewildste figuur in die Zuid-Afrikaansche (Transvaalse) Republiek. As kind het hy Retief se trekgeselskap met die Voortrek vergesel, maar op 16-jarige leeftyd het hy na Transvaal getrek en hom, na sy huwelik met Hendrina Johanna Susanna Botha op 2 April 1851 , op Rusfontein, distrik Wakkerstroom, gevestig. In die openbare lewe het hy vinnig opgang gemaak. In 1855 was hy veldkornet, in 1865 Volksraadslid (‘n amp waartoe hy reeds i8n 1860 verkies is, maar nie kon aanvaar nie, omdat hy nog nie 30 jaar oud was nie); in 1873 voorsitter van die Volksraad en in 1875 selfs waarnemende staatspresident tydens pres. T.F. Burgers se afwesigheid in Europa. “By laasgenoemde se terugkeer het hy hom uit die openbare lewe teruggetrek en selfs geweier om op pres. Burgers se versoek die ekspedisie teen Sekoekoenie aan te voer. Na die anneksasie van Transvaal (1877) onderskei hy hom as kampvegter vir die herstel van die onafhanklikheid, onder meer as lid van die Tweede Deputasie na Engeland, afgevaardigde na die Britse verteenwoordigers in Suid-Afrika (Hoë kommissaris en Transvaalse Administrateur) en lid van die Driemanskap – die herstelde Boereregering. As kommandant-generaal voer hy die Boerekommando’s aan by Laingsnek, Skuinshoogte en Amajuba in die Transvaalse Vryheidsoorlog en verwerf hy soveel gewildheid by sy volk as krygsman dat hy telkens as kommandant-generaal herkies is. Dit het hom lidmaatskap van die Uitvoerende Raad – die Regering indertyd – besorg. ‘n Tyd lank het hy tewens die betrekkinge van Vise-president en van Superintendent van Naturelle beklee. Ook het hy in talle Regerings kommissies gedien. Dit was sy ideaal om Staatspresident te word, maar hy is in elke verkiesing deur Kruger verslaan. As kommandant-generaal het hy die burgers in etlike oorloë teen swartes aangevoer, en in die Engelse Oorlog het hy as opperbevelhebber van die Transvaalse krygsmag en aanvoerder van die burgers by Ladysmith opgetree. Hy is op 27 Maart 1900 in Pretoria oorlede. Aka fak dr. J.H. Breytenbach
1900
Kapt H.F. Slegtkamp by Tabanyama
Hy is in Nederland gebore en het jonk in die Zuid-Afrikaansche Republiek kom woon. Met die uitbreek van die Engelse Oorlog in 1899, het hy hom by die Middelburgse Kommando aangesluit en na Natal vertrek. Hier het hy om by die verkenner Jack Hindon gevoeg. Op 20 Januarie 1900, gedurende die slag by Tabanyama – die voorspel tot Spioenkop – het die burgers ‘n kop ontruim en die hele regterflank van die Boere in gevaar gestel. Slegtkamp en twee maats het die kop uitgeklim, die vyand onder hewige geweervuur gebring en ‘n vyfkleur (oorlogsvlag) gehys. Die Britte, onder die indruk dat die kop baie sterk beman is, het die aanval gestaak. Tydens die guerilla-oorlog het hy as rapportryer opgetree en het hy ook heelwat treine opgeblaas. Hy was ‘n bittereinder wat na die oorlog weer na Holland teruggekeer het. Later het hy hom weer in die Transvaal kom vestig. Toe die Ossewa-Brandwag gestig is, het hy hom daarby aangesluit en tot hoof generaal gevorder. Hy is op 27 Februarie 1951 in Middelburg oorlede, nog getrou aan sy ideaal van ‘n onafhanklike Suid-Afrikaanse republiek.

aka fak G.A. Chadwick
No comments:
Post a Comment