2008/01/02

Januarie 2

1666
Hoekstene van die Kasteel gelê


Die Kaap was vir die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie eerstens ‘n verversingspos, maar tegelyk ook vir Nederland ‘n basis van militêre waarde teenoor Europese vyande in die wedloop om die handel met die Ooste. Daarom is kleiner wagposte selfs in die binneland as beskerming teen Hottentot-aanvalle opgerig. Vandaar die ywer geopenbaar om ‘n nuwe, sterk Kasteel De Goede Hoop te bou toe die eerste poging van hout en klei minder doeltreffend geword het. Na vyf maande se voorbereidingswerk deur 300 man kon die eerste hoekstene in die naam van die Here XVII gelê word – die eerste deur kommandeur Wagenaar, toe ds. Van Arckel, onderkoopman Gabbema en die vierde deur fiskaal Lacus. ‘n Amptelike feesmaal van twee beeste, ses kape, agt vate bier en honderd brode is vir almal aangebied. Elke ambagsman het ook ‘n geringe geldstukkie ontvang. ‘n Geldeenheid gedig is geskryf en voorgedra. Die bedoeling met alles was veral om die trae werkers aan te spoor en hulle ‘n gewillige gesindheid te laat openbaar. Na die kermis jolyt is dan ook dadelik weer hard gewerk.
Aka fak Prof. dr. M.J. Swart

1896
Oorgawe van Jameson


Op 29 Desember 1895 het dr. L.S. Jameson die Transvaalse Republiek sonder provokasie uit Betsjoeanaland (Botswana) binnegeval en na Johannesburg opgeruk, voorsien van ‘n skriftelike uitnodiging van die Uitlander leiers om die vrouens en kinders aldaar teen die Boere te beskerm. Dit was ‘n dag na die datum wat oorspronklik beplan was vir die uitbreek van ‘n Uitlander opstand in Johannesburg, wat deur Engeland aangegryp sou word vir die anneksasie van die Republiek, maar nog nie in opstand was nie, moes selfs die Britse Regering hierdie troepe, wat volgens beplanning die Regering met die anneksasie moes steun, as vrybuiters veroordeel. Die kommando’s Potchefstroom, Krugersdorp en Rustenburg het die invallers op 2 Januarie 1896 na enkele skermutselings digby Krugersdorp gedwing om die wit vlag te hys. Die aanstigters van die beplande rebellie in Johannesburg, wat op 1 Januarie tot opstand oorgegaan en ‘n “provinsionele” regering gestig het, moes ‘n week later kapituleer.
Aka fak Dr. J.H. Breytenbach
1905
Dr. J.J. van Tonder gebore


Johannes Jacob van Tonder is ‘n historikus wat hom met ywer daarop toegelê het om die geskiedenis op so ‘n interessante wyse aan te bied dat jong mense en leerling dit sal lees. Hy het ‘n omvattende studie van monumente gedoen, en nadat hy in 1970 afgetree het, het hy verskeie publikasies sonder vergoeding daarvoor uitgegee. Tientalle artikels van historiese aard het uit sy pen verskyn in tydskrifte soos Handhaaf, Mylpaal, Taalgenoot en Uexus. Dr Van Tonder is op Venterstad in Kaapland gebore en het hom vir die onderwys bekwaam met die grade BA, MA, M Ed en D Phil. Na verskeie hoof poste, was hy van 1953 inspekteur van onderwys in Transvaal tot met sy aftrede. Dr. Van Tonder was ‘n stigterslid van die FAK en het van 1964 tot 1974 in die Geskiedenis komitee van die FAK gedien. aka fak

No comments: