1772
T.A. Theron se langdurige stryd om ouderlingsamp
Op ‘n kerkraadsvergadering van die Drakensteinse gemeente is ‘n besluit van die Politieke Raad aan Tielman Roos, Pieter Cilliers, Jan Nieuwoudt en Pieter le Riche voorgelees, dat hulle daarin moet berus dat Thomas Arnoldus Theron wel as ouderling mag dien. Hy is reeds in 1770 in die amp verkies, maar daar is beswaar aangeteken. Die saak is herhaaldelik terugverwys en uiteindelik is die vier klaers onder sensuur geplaas, omdat hulle nie die besluit van die Politieke Raad wou berus nie. Die bitterheid in die gemeente het toe drasties vererger; siviele aksies het byna-byna gevolg, en ook die Klassis van Amsterdam het betrokke geraak, sodat die rusie naderhand ook om die predikant gewentel het. Die kerklike lewe het ernstig daaronder gely. Op 9 April 1781 het ds. Van der Spuy eervolle ontslag van die regering ontvang en hom op Stellenbosch gaan vestig. Die onrus in Drakenstein het nogtans voortgeduur, en dit was eers in 1784, toe R.N. Aling, aasjong leraar, deur sy voorbeeld en versoenende optrede die geskil bygelê het. Interessant genoeg, was een van die persone wat weer die kerk na ds. Van der Spuy se vertrek besoek het, die heer Jacobus Retief, die vader van Piet Retief, toe hy die kindjie op 3 Mei 1781 ten doop gebring het. aka fak prof. dr. M.J. Swart
1875
Dr. D.R. Louw gebore
Charles Robert Louw is op Murraysburg gebore as die jongste van sewe seuns van wyle ds. A.A. Louw van Noorder-Paarl. Sy moeder was ‘n mejuffrou Murray, suster van doktor Andrew Murray. Na voltooiing van sy studie aan die Paarlse Gimnasium en op Stellenbosch, is hy na Transvaal, waar hy sy klerkskap as ingeskrewe prokureursklerk in Pretoria gedoen het. Nadat hy hom op Ermelo gevestig het, verhuis hy in 1916 met sy gesin na Kaapstad. Hier het C.R. Louw hom vir die uitbou van verskeie Afrikaanse sakeondernemings beywer. Hy was een van die stigters en oprigters van Santam en Sanlam en het later ook hierdie maatskappy as voorsitter gedien. Verder was hy ook gemoeid met die oprigting van Federale Volksbeleggings en ander maatskappye in die Federale Groep. C.R. Louw het hom nie slegs beywer om Afrikaans ‘n prominente aandeel in die sakewêreld te gee nie, maar het ook op ander terreine van die samelewing waardevolle gemeenskapsdiens gelewer. Rees in 1916 beywer hy hom vir die oprigting van ‘n Afrikaanse skool aan die Kaap, en dit was grootliks aan sy ondernemingsgees te danke dat daar ‘n begin gemaak is met ‘n Afrikaanse klas van vyf kinders, wat later tot die alombekende Jan van Riebeeck skool ontwikkel het. aka fak H.A. Sloet
No comments:
Post a Comment