1838
Slag by die Opatekloof en die Umfolozivlakte
Na die Slag by Bloedrivier het die Wen kommando Dingaanstat besoek en laer op die Entonjaneni-hoogte getrek. Op 27 Desember het ‘n kommando van ongeveer 300 man en 40 Port Natalse swartes uitgetrek om die Zoeloes aan te val en die beeste wat op 17 Februarie by Bloukrans gesteel is, terug te kry. Volgens Bongoza, ‘n Zoeloe spioen wat hom klaarblyklik opsetlik laat gevange neem het, was die beeste in die nabygeleë Opatekloof. Pretorius se gewonde hand het begin pyn en hy het die bevel aan Karel Landman oorgedra en na die laer teruggekeer. Halfpad in die kloof af, het Bongoza verdwyn en het die Zoeloe-krygers, nadat ‘n deurdringende kreet vanuit die koppie weerklink het “I zi pagati! (hulle is binnekant)”, uit die klowe gestorm om die kommando van die laer af te sny. In ‘n poging om uit die hinderlaag te ontsnap, het hulle al vegtend met die kloof afgegaan, drie keer die draaie van die Umfolozirivier oorgesteek en die Ulandivlakte bereik. Hier het hulle ‘n dag lange stryd teen die Zoeloes gevoer. Op pad terug na die laer, het hulle weer die rivier oorgesteek. In ‘n skermutseling in die rivier, waar welsand die Voortrekkers se gang erg belemmer het, het ses Voortrekkers, insluitende Biggar en baie van sy Swartes, gesneuwel. Volgens verslae het meer as duisend Zoeloes gesneuwel. Laat die aand het die Voortrekkers in ‘n uitgeputte toestand in die laer aangekom. Hierdie slag was ‘n noue ontkoming vir die Voortrekkers en het ‘n uiters betekenisvolle rol in ons geskiedenis gespeel, want indien die Zoeloes hulle oorrompel het, sou die oorwinning by Bloedrivier tot niet gemaak gewees het.
Aka fak G.A. Chadwick
1932
Suid-Afrika stap van die goudstandaard af
Op hierdie dag het die Reserwebank as die vernaamste handelsbanke in ‘n formele brief aan die Minister daarop gewys dat die geskil rondom die afstap van die goudstandaard onhoudbaar geword het. Nadat Brittanje op 21 September 1931 andermaal die goudstandaard opgeskort het deur die Bank van Engeland te onthef van sy verpligting om staafgoud op aanvraag te verkoop, het die vraag ontstaan en is omvattend bespreek of Suid-Afrika Brittanje se voorbeeld moet volg. Hierdie debat het hom afgespeel in ‘n toestand van ernstige ekonomiese depressie, wat in Suid-Afrika en die meeste ander lande van die wêreld geheers het. Terwyl dit in wese oor ‘n ekonomiese aangeleentheid gegaan het, wat op grond van ekonomiese argumente besleg moes word, het dit spoedig ‘n sterk politiek inslag gekry. Politieke verwikkelings het ook uiteindelik die deurslag gegee. Terwyl die twee belangrike politieke partye teenoorgestelde standpunte in die diskussie ingeneem het, het die openbare mening onder invloed van partypo9litieke verbintenisse, eweneens geneig om volgens partyverband verdeeld te raak. Hierdie geskilpunt het vyftien maande geduur, en eers nadat regter Tielman Roos, voormalige leier van die Nasionale Party in Transvaal, op 21 Desember 1932 aankondig dat hy voornemens is om sy setel in die Appèlafdeling van die Hooggeregshof te laat vaar en tot die politiek terug te keer met die doel om ‘n koalisieparty te stig waarvan die oogmerk sou wees om die goudstandaard te verlaat, was die einde van die geskil sowel onverwags as skielik. ‘n Stormloop om banknote by die Reserwebank teen goud in te wissel het ontstaan. Op 27 Desember word die reeds vermelde brief aan die Minister oorhandig, waarop die Regering op 28 Desember 1932 , kragtens die Wet op Buitengewone Finansies regulasies van 1931, ‘n proklamasie uitgereik het waarin note van die Reserwebank vanaf daardie datum nie meer teen goudmunte inwisselbaar sou wees nie. Suid-Afrika het finaal van die goudstandaard afgestap. Onmiddellik het daar ‘n verligting in die buitelandse monetêre toestand ingetree. Rentekoerse het in werklikheid binne twee weke nadat van die goudstandaard afgestap is, begin daal. ‘n Toestand van oorvloedige bank likiditeit het gevolg, die geldvoorraad het toegeneem, en ook kredietverlening deur die banke.

Aka fak H.A. Sloet
No comments:
Post a Comment