1700
Eerste stene van kerkgebou aan die Kaap gelê
Nadat die ou fondamente uit 1678 opgebreek is, lê goewerneur W.A. van der stel en enige van sy raadslede die eerste stene vir die agtkantige kerkgebou wat in Januarie 1704 ingewy sou word, en waarvan die toring nog ‘n deel van die Groote Kerk uitmaak. Aka fak ds. H.C. Hopkins
1880
Dr. C.F. Louis Leipoldt gebore
Christiaan Fredrik Louis Leipoldt is op 28 Desember 1880 op Worcester gebore. Hy was sowel digter as skrywer, joernalis en geneesheer. Afgesien van sy boek, Kos vir die Kenner het hy verskeie literêre werke in Afrikaanse en Engels geskryf. Onder die bekendstes is Oom Gert vertel en ander gedigte. Dingaansdag, Die Bergtragedie en Skoonheidstroos. Vir laasgenoemde werk is hy bekroon met die Hertzogprys vir poësie in 1934. In 1944 is die Hertzogprys vir drama aan hom toegeken vir sy werke Die Heks en Die laaste aand. Saam met Jan F.E. Celliers en Totius vorm hy die bekende Driemanskap tydens die tweede Afrikaanse Taalbeweging. Leipoldt is op 12 April 1947 oorlede. Aka fak D. Erasmus
1912
“Mishoop” – vergadering van die Hertzog-waaksaamheidskomitee
Met die samestelling van die eerste Unie-kabinet wou die aangewese premier, genl.. Louis Botha, nie graag sy vroeëre mede-generaal van die Engelse Oorlog, genl.. J.B.M. Hertzog, insluit nie. Dit was polities egter onvermydelik. Van die begin af het Hertzog, die Afrikaner in Suid-Afrika, en Botha, die konsilialis in Britse skaduwee, die toekomspad gesoek. In 1912 het die politieke bom na Hertzog se De Wildt-toespraak gebars. Die gevolg was dat hy uit genl.. Both se nuwe Kabinet gelaat is, Maar die getroue Afrikaners het hulle om Hertzog geskaar en hom hulle persoonlike steun, voorbidding en politieke hulp aangebied. Tielman Roos het landwyd ‘n volks protes teen Hertzog se weglating gereël. Ongeveer 5 000 Afrikaners het op hierdie dag in Pruisepark, Pretoria regoor die standbeeld van pres. Paul Kruger, byeengekom. Die platform was ‘n hoop verrotte gras wat vir bemesting in die park gebruik sou word. Adv. Roos het as voorsitter opgetree, en genl.. C.R. de Wet het as spreker opgetree. Hy het gesê dat hy trots is om daar te wees, want die geskiedenis het reeds bewys dat geen volk verhoog sal word voordat hulle verneder is nie, “…daarom wil ek mijn liever op een mesthoop onder mijn volk bevinden, dan op een schitterend platform onder vreemdelingen”. Daarna het die skare na Hertzog se woning gegaan, hom op ‘n tafel gelig en toegejuig. Volkslieder is gesing, en Hertzog is na sy toespraak waarin hy die slagspreuk “Zuid-Afrika eerste” vir die eerste keer uitroep, skouerhoog sy woning ingedra. ‘n Waaksaamheidskomitee het hierna sake verder gevoer – die begin van ‘n politiek-kulturele Afrikaner gebondenheid wat op elke lewensterrein Afrikaner heil bevorder het.

Aka fak prof. dr. M.J. Swart
No comments:
Post a Comment