2007/12/04

Oktober 8

1903
CH Cűhn gebore(MIKRO)
Christoffel Hermanus Kűhn, wat onder die skuilnaam Mikro geksryf het, se bekende trilogie, Toiings (1934), Pelgrims (1935) en Vreemdelinge (1944), word beskou as die kern van sy werk.. Hy was skrywer van novelle, romas, speurverhale, jeugverhale en toneelstukke. Vir eersgenoemde twee werke is hy bekroon met die Hertzogprys en vir die Porseleinkat is die Hofmeyrprys aan hom toegeken. In sy werke was hy die skepper van die vereenvoudigde struktuur, van die gemoedelike, gemeensame formule vir lewenswaardes en lewenswaarhede. Tussen Juie 1958 en Desember 1966 het 38 boeke van Mikro verskyn. Sy 75ste boek, die jeugverhaal Die Goue Protea (1962), is bekroon in ‘n wedsstryd vir jeugverhale wat Nasionale Boekhandel uitgeskryf het. Ander werke van hom is onder meer Die rooi Leêr, Die Koperkan, ‘n versameling kortnovelles Drie vroue en ‘n hond, Die ruiter in die nag, Huurling, Klaradynstraat, Huisies teen die heuwel, Die donker stroom en Die wa-as.In 1928 het hy begin onderwys gee. Later was hy skoolhoof op kuilsrivier. In 1950 het hy dosent aan die Opleidingskollege in Oudtshoorn geword. In 1956 is hy aangestel as redakteur van Boerdery in Suid-Afrika. Later is hy bevorder tot Hoofredakteur: Publikasies van die Departement van Landbou. Van sy werke wat deur die Afrikaanse Radiodiens uitgesaai is, is die bekendstes Die rooi Lêer en ‘n gedramatiseerde verwerking van Die ruiter in die nag. Mikro self het by meer as een geleentheid die mening uitgespreek dat dit jammer is dat die meeste lesers by sy werk Toiings vasgesteek het. Sy eie mening was dat sy Mattewis en Meraai-novelle sy beste werk is. Tot sy aftrede was hy hoof van die Landsdiensbeweging in Suid-Afrika, waar hy ‘n groot bydrae gelewer het tot die uitbouig van die jeugbeweging. Trouens, die Landsdiensbeweging was sy inspirasie vir die skryf van Die goue protea. Hy is op 17 April 1968 op Somerset-Wes oorlede.
1948
Mev. Rachel Steyn gehuldig
Op hierdie dag is Rachel Isabelle Steyn (gebore Fraser) weduwee van pres M.T. Steyn, in die Bloemfonteinse stadsaal op ‘n byeenkoms wat spesiaal deuer die FAK gereël is gehuldig. Tussen 2 en 18 September 1948 was sy na Nederland – as spesiale afgesant van Suid-Afrika – om ons land se geskenke persoonlik aan koninging Wilhelmina na haar vyftig bewindsjare, te gaan oorhandig toe sy vir haar dogter Juliana plek gemaak het. Die paleisbesoek was rustig, vol heimwee, ‘n intieme oomblik tussen twee waardige, bejaarde vroue. Die geskenke was ‘n adres in ‘n kiaatkissie, met ‘n inskripsie in goud en ‘n goue sleutel, ‘n tafeltjie met ‘n blad van Suid-Afrikaanse gesteentes en ook ‘n mantel van volstruisvere. Maar in Bloemfontein was ‘n volkskare byeen. Kinders het Voortrekkerdrag gedra. Optogte, vlae en blommeversierings het die verrigtinge gekenmerk. Totius het ‘n lofrede uitgespreek, D.R. Swart het names die owerheid, mev C.M. Fourie namens die Oranje-Vrouevereniging en mev Tibbie Visser names die vroue ‘n woord van dank gespreek en ‘n geskenk oorhandig – ‘n besondere borsspeld van platina in die patroon van die Vrystaatse wapen en met saffiere, robyne, goud, diamante en emalje versier. Sy het ook R4 000 ontvang om die Vrouemonument en Oorlogsmuseum mee in stand te help hou. Haar antwoord is in doodse stilte aangehoor. Dankbaarheid en hartseer het mekaar afgewissel. Die 83-jarige vrou het die Afrikaner opnuut gebind en besiel – hom as volk trots laat staan en gelowig-nederig laat buig. Waarlik, die FAK het ‘n besondere taak op waardige wyse vervul en die politieke oorwinning van Mei 1948 van ‘n noodsaaklike, afgeronde kultuurbegeleiding voorsien.

No comments: