2007/12/04

November 8

1679
Stellenbosch gestig1896
Dr. M.H. Steyn gebore
Die legendariese, alombekende en beminde sendinggeneesheer, dr M.H. (Oom Tommie) Steyn, is op die plaas Rotterdam in die distrik Swellendam gebore. Hy was 38 jaar ononderbroke werksaam op Morgenster in Rhodesië. Onder die inboorlingbevolking was hy bekend as “Wenyasha”, wat beteken “die een van genade”. In 1964 het die Universiteit van Stellenbosch aan hom ‘n ere-doktorsgraad toegeken.
1909
Mev. J.M. Raath gebore
1938
Dr. D.F. Malan se boodskap vir blanke voortbestaan
In die Voortrekkereeufeesjaar het dr. D.F. Malan op die tweede Uniale kongres van die Nasionale Party in Bloemfontein gesê: “Die Eeufeesjaar waarin ons lewe, is vir ons ‘n Godgegewe geleentheid. Hy is dit, omdat elke volk magteloos is sonder idealisme, en dit die jaar is waarin ons weer uit die doodslaap van materialisme ontwaak tot nuwe lewe en nuwe besielende vergesigte.” Dr. Malan het sy boodskap gerig in ‘n tyd toe die Afrikanervolk in armoede vervalwas en juis in daardie omstandighede die groot taak op sy skouers moes neem om te beur teen die magte wat die blankedom bedreig het. Die Afrikaner het in die Eeufeesjaar as volk weer opgestaan en voortgebeur tot nuwe politieke, ekonomiese en kulturele hoogtepunte.

No comments: