2007/12/04

November 25

1497
Vasco da Gama se ruiltransaksie

Op hierdie dag in 1947 het Vasco da Gama naby Mosselbaai anker gewerp. Hy was op pad Ooste toe via die nuwe roete om die Kaap, wat jare lank reeds deur die Portugese begeer en gesoek is. Eers die volgende dag kon hy aan land gaan en presies die gebied se voorkoms bepaal. Eers op 1 Desember het Hottentotte hier van Angra de Sint Bras opgedaag om van hulle vee vir vreemde goedere soos klokkies en rooi musse te verruil. Dit was die eerste handelsverbintenis tussen Europeër en inboorling op ons bodem. Aka fak Prof. dr M.J. Swart1885J.F.W. Grosskopf geboreJohannes Friedrich Wilhelm Grosskopf, skrywer van vier lang dramas, elf kortspele, verhalende prosa en verskeie artikels, se eerste liefde was die literatuur en sy skeppingswerk ter wille van estetiese genot. Hy was ‘n kenner van die drama en die tegniek van die teater en van toneelwerke. Hy is in Bloemfontein gebore en studeer later aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy studie oorsee is in Berlyn, Leipzig en Wenen (Lettere) en Leiden (Regte) voortgesit.Terug in Suid-Afrika, neem hy deel aan die Rebellie, word gevang en bring agt maande in die tronk in Pretoria deur. Van 1915 tot 1918 dien hy die redaksie van Ons Vaderland en later as hoofredakteur van Die Volksblad, totdat hy professor in Staatsinhoudkunde op Stellenbosch word. Sedert sy studiejare toon hy ‘n lewende belangstelling in drama en toneel, ‘n belangstelling wat as grondslag dien vir verskeie toneelstukke wat later deur hom geskryf word. In 1926 is die Hertzogprys vir drama aan hom toegeken. Van sy bekendste dramas is In die wagkamer, As die tuig skawe en Oorlog is oorlog. Hy is op 3 Julie 1928 in Pretoria oorlede. Aka fak D. Erasmus

1899
Slag by Graspan

Op 23 November moes die Republiekeinse kommando’s onder bevel van genl. Jacobus Prinsloo met 2 500 man by Belmont wyk voor die oprukkende Engelse lord Methuen, wat met 10 500 man opdrag ontvang het om Kimberley te ontset. By Graspan het genl. De la Rey hom by die magte aangesluit en het hulle posisie in die rante ingeneem. Op 25 November begin Methuen die aanval met ‘n hewige bombardement. Die barstende bomme tussen die granietklippe het die toestand vir die burgers onhoudbaar gemaak, en toe die Britse infanterie stormloop begin, moes hulle andermaal die wyk neem. Methuen sou eers in die bloedige slag by Magersfontein op 10 Desember 1899 in sy opmars gestuit word. Aka fak dr. P.J. De Beer

1967
Dawid Engela oorlede

Dawid Sofius Engela is in ‘n motorongeluk dood terwyl hy as musiekbestuurder in diens van Kruik was. Sy bydrae was nie omvangryk nie, maar van ‘n hoë gehalte.

1959
Ernst George Jansen Oorlede
Sy Eksellensie dr. E.G. Jansen is om 10.20 nm. op Woensdag 25 November 1959 na 'n lang lyding stil aan die Goewerneurswoning te Pretoria oorlede. Daarmee is 'n lewe van oor die 78 jaar afgesluit waarvan meer as 'n halwe eeu ononderbroke aan diens van taal, volk en land gewy was. Bowendien val 'n belangrike deel van die bewoëndste tydperk uit ons volksgeskiedenis saam met die lewensplanne van die oorledene, en op meer as een terrein daarvan het hy op die voorgrond gestaan.Die eerste lewenslig het hy aanskou net 'n paar maande na die Boereoorwinning op Amajubaheuwel en vier dae na die ondertekening van die Konvensie van Pretoria waarmee die Suid-Afrikaanse Republiek sy onafhanklikheid herwin en die Eerste Vryheidsoorlog beëindig is; sy eerste optrede in die openbare lewe val net na die tragedie van die Tweede Vryheidsoorlog toe die twee Boere-republieke hulle onafhanklikheid moes prysgee. Aan die heropbouing van die volk op kulturele, politieke en geestelike gebied het hy onvermoeid sy kragte bestee, maar dit was hom nie gegun om die dag saam te beleef dat die vier provinsies in 'n vergrote en onafhanklike Suid-Afrikaanse Republiek verenig is nie.Hy het meegewerk om die weg daartoe voor te berei, en as taal- en kerkman het hy sy volle deel gedoen, as politikus en joernalis die openbare mening gevorm, as speake ren goewerneur-generaal 'n voorbeeld van 'n gedragskode daargestel wat selfs sy heftigste teenstanders geloof het, en in die privaat as mens het hy slegs die hoogste beginsels uitgeleef.*Om in hierdie kort berig aan so 'n lang en vrugbare lewe op so'n breë front reg te laat geskied kan nie gebeur nie, sodat ek met 'n paar aanwysinge moet volstaan. Dit is te hope dat 'n goeie lewensbeskrywing binnekort die verhaal van hierdie volksman in wyer kring bekend sal maak, die verhaal van 'n eenvoudige Hollandse immigranteseun van die Natalse platteland wat die eerste Afrikaanstalige geword het om die hoogste pos in ons land te beklee.Ernst George Jansen is op 7 Augustus 1881 op die plaas Strathearne (vernoem na die landmeter) in die distrik Dundee gebore. Saam met drie broers en 'n suster het sy vader, toe dertien jaar oud, uit Nederland na Suid-Afrika uitgewyk en so teen 1875 in Noordelike Natal begin boer toe die land daar nog yl bewoon was en die jong Hollander sy bruid, ene nooi Wohlitz, voorlopig in rondawels moes laat bly………………………..G.S. NIENABER*Om meer van Ernst George Jansen te wete te kom :http://www.dbnl.org/tekst/_jaa003196201_01/_jaa003196201_01_0030.htm(AANVULLENDE GEDEELTE beskikbaar indien jy nie self kan gaan lees nie)
1978
Dr. Con de Villiers oorlede
Internasionaal erkende dierkundige, toneelkenner, musiekliefhebber en kerkmusiekkenner en –skrywer, letterkundige vertaler en skepper, genealogiese deskundige – die veelslydigheid was saamgesnoer in die kleurryke Stellenbosser, dr Cornelius Gerhardus Stephanus de Villiers. Con de Villiers is op 16 Desember 1894 in die distrik Caledon gebore. As hoogleraar in die dierkunde aan die Universiteit van Stellenbosch het hy internasionale roem verwerf. In die jare twintig en dertig het hy vele toneelstukke van Ibsen, Pirandello, Hauptman en Thoma in Afrikaans vertaal en self opgevoer. In die musieklewe het hy die bekende Stellenbosse Sangfees help skep, artikels en boeke geskryf en was hy die eerste mens wat in Afrikaans ‘n deeglike studie van die geskiedenis en waarde van kerkmusiek gedoen het. Hy het belangrike Europese letterkundige werke in Afrikaans vertaal en eiesoortige, onnavolgbare skeppingswerk gelewer oor die mense van sy “Klein Vaderland”, die Overberg. As deskundige genealoog het hy sy lewenswerk Geslagsregister van die Familie Swart in Suid-Afrika in 1977 gelewer. Dr. Con de Villiers is op Ceres Oorlede. fak

No comments: