2007/12/04

Oktober 23

1838
Pietermaritzburg gestig
Die aanwesigheid van verhongerde Boesmans het die Voortrekkers van Natal se beoogde eerste dorp Bosjesmansrand laat heet. Die vermoede bestaan dat Piet Retief self die standplaas in die Umzinduzivallei uitgesoek het. Na die moord op hom en die dood van Gerrit Maritz is daar op hierdie dag besluit om die beoogde dorp na die twee Trekkerleiers te noem, nl. Pietermaritzburg. Teen daardie tyd was dit reeds die standplaas van die laer van kmdt. Piet Greyling, wat vroeg die volgende jaar die doorp uitgelê het. Die strate, wat steeds onder hul Afrikaanse name bestaan (?) was 75 voet breed, sodat ‘n ossewa daarin kon draai. Erwe is teen vyf riksdaalders stuk verkoop en 300 is spoedig van die hand gesit. In 1841 is die Engelse kerkie ingewy, en in 1844 was daar al 132 huisies, met elf in aanbou. Vandag het hierdie hoofstad van Natal ‘n bevolking van meer as 100 000 mense, wit en swart. Dis in hierdie dorp waar die Voortrekkers ter vervulling van die Gelofte die Geloftekerk gebou het. Dit is in 1841 ingewy.
1873
Prof J.A. de Plessis gebore
Jacobus Albertus du Plessis was ‘n bekende teoloog in die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. In die jare na die Engelse Oorlog, wat hy as veldprediker aan Boerkant meegemaak het, het hy hom sterk vir die Christelik-nasionale onderwys van die Afrikanerjeug beywer en onder meer op Reddersburg in CNO-skool tot stand gebring. In 1921 word hy hoogleraar aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk op Potchefstroom, en vanaf 1927 tot met sy diid ub 1935 redakteur van Die Kerkblad. Nie slegs was hy skrywer van verskeie boeke nie, maar hy het ook met die vertaling van die Bybel in Afrikaans en met die Afrikaanse Psalmberyming gehelp. Hy was ‘n begaafde en belese mens met ‘n onwrikbare Calvinistiese lewensbeskouing. Hy is op Rustenburg gebore en op 28 Februarie 1935 op Potchefstroom oorlede.
1907
Karl Kielblock gebore
Karl Kielblock is een van die gewildste skrywers van Afrikaanse ontspanningslektuur – een van die eerste skrywers wat hom toegespits het op die skryf van ligte lektuur met ‘n “nasionale” strekking. Hy put sy stof hoofsaaklik uit die vaderlandse geskiedenis, veral die vroeë dae aan die Kaap. Kielblock is op Beaufort-Wes gebore. Nadat hy sy skoolloopbaan op sy tuisdorp voltooi het, bekwaam hy hom as onderwyser aan die Paarlse Opleidingskollege. Hy gee onderwys by die openbare skool in die Strand, totdat hy voltydse skrywer word. Van Mikro (C.H. Kuhn) met wie hy jare lank goed bevriend was, het Kielblok besondere aanmoeding ontvang. In 1970 ontvang Kielblock die SA Akademie se Scheepersprys vir jeuglektuur vir sy avontuurverhaal Rebel. Ander titels wat uit sy pen gekom het, is Die skat van Java (1936). Die Vreemdeling (1938), Jasper le Feuvre (1942), Moord op Eendevlei (1943) en Adriaan Denys (1947)195223
Oktober
Antjie Krog gebore
In die Vrystaatse dorp Kroonstad is daar op 23 Oktober 1952 ‘n dogter genaamd Antjie Krog gebore.... Sy was ‘n plaasdogter wat in plaaslike skole skoolgegaan het. In 1970, die era van apartheid en John Vorster (Vorster het H.F. Verwoerd opgevolg as Eerste Minister), het sy vir haar plaaslike skoolkoerantjie die volgende geskryf:“Gee vir my ‘n land waar swart en wit hand aan handVrede en liefde kan bring in my mooi landGive me a land where black and white hand in handCan bring peace and love to my beatiful land”Kroonstad was as ‘n konserwatiewe afrikaanse gemeenskap erg geskok oor Antjie se woorde. Dit het natuurlik ook die nasionale media se aandag getrek. Sy was digter, joernalis en prosaskrywer.Jy kan hier gaan kyk:http://af.wikipedia.org/wiki/Antjie_Krog

No comments: