2007/12/04

November 21

1968
Vier Voortrekkermonumente
Die Afrikaner het vroeg reeds die behoefte gevoel om ‘n waardige monument ter ere van die Voortrekkers op te rig, maar hierdie strewe het eers sy finale beslag gekry toe die Sentrale Volksmonumentekomitee (SVK) op 4 April 1931 in Bloemfontein gestig is. Die hoofdoel van die SVK was om hom vir die oprigting van ‘n nasionale Voortrekkergedenkteken vir die Voortrekkereeufees in 1938 te beywer. Daarnaas sou hy ook die oprigting van ander goedgekeurde volksmonumente onderneem. Die SVK se eerste taak was die oprigting van die Voortrekkermonument by Pretoria, maar die komitee het ook verantwoordelikheid vir die oprigting van drie ander Voortrekkermonumente aanvaar. Die hoogtepunte van die SVK se werksaamhede was dus die onthulling van die Bloedriviermonument op 16 Desember 1947, die inwyding van die Voortrekkermonument by Pretoria op 16 Desember 1949, die onthulling van die Voortrekkermonument in Pietermaritzburg op 6 April 1962 en die van die Voortrekkermonument by Winburg op 10 Oktober 1968. Daarmee was die grootse kultuurtaak van die SVK afgehandel en kon die liggaam op 21 November 1968 ontbind word. Die wesenlike betekenis van hierdie vier Voortrekkermonumente is dathulle ‘n onverbreekbare band tussen die verlede en die toekoms lê. Deur die oprigting van hierdie monumente is die Voortrekkers nie vergete nie, maar vorm hulle ‘n lewende krag wat inspireer tot dade en tot vergesigte die toekoms in. Vir die nageslagte van die Voortrekkers is die monumente die transportbewys van die prys wat hulle voorvaders vir hierdie land betaal het. Die oprigting van hierdie monumente is ‘n bewys van die bewuste lewensdrang van ons volk. Dit was rondom die Voortrekkermonumente waar die Afrikaner homself gevind het, en die saad wat daar gesaai is, het in die Republiek van Suid-Afrika tot volle rypheid gekom. Maar die Voortrekkermonumente is nie alleen ter ere van ‘n dapper voorgeslag gebou nie, maar ook – en veral – ter ere van God wat aan ons die wonder van volkwees gegun het. aka fak http://www.ibiblio.org/istudio/03pretoria/research/THE_VOORTEKKER.htm

No comments: