2007/12/04

Oktober 19

1904
Stigting van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie
“Die oorlogsjare het Transvaal en die Vrystaat verander in ‘n woesteny. Die stoflike bestaandsmiddele was grotendeels vernietig en die deel van die Boerevolk wat nie op die slagvelde en in die Konsentrasiekampkerkhowe begrawe is nie, was vasgeknel in armoede en maatskaplike ellende.” Onder die genoemde omstandighede word op die aansporing van Georgina Solomon, eggenote van ‘n Britse pro-Boere parlementariër en onder leiding van mev. (genl.) Louis Botha, die SA Vrouefederasie op 19 Oktober 1904 deur 43 vooraanstaande vroue met die volgende oogmerke in Pretoria gestig:“Ons doel is om de natie opnieuw op te bouwen- met Gods hulpe voor Transvaal een zegen te wesen- ons streven is een opvoedingstelsel te verkrijgen voor het volk door de stem van het volk- de moedertaal van het natie in zijn heilige erfenis.”Later is die doelstelling soos volg saamgevat: Ons strewe om die behoud van die Suid-Afrikaanse volk op geestelike, verstandelike en stoflike gebied te bevorder tot eer van God. Die SAVF is vanaf die stigtingsdatum tot vandag die erkende pionier op die welsyngebied van Transvaal. Die eerste inrigtings vir hulpbeoewendes is deur die SAVF opgerig: Armstrong Berning-Sentrum (1905), tehuis vir bejaardes (1910), tehuis vir laag besoldigde meisies (1929), In die opvoeding en onderwys is die voortou geneem met die eerste Huishoudskool (1910); opleidingskool vir vroedvroue (1918), Afrikaanse kleuterskool (1940); naskoolsentrum (1960) en die eerste plattelandse kinderhuis in die land (1959). Die SAVF het die eerste distriksverpleegster op die platteland aangestel. Hierna volg gesondheidsklinieke en kraaminrigtings. In samewerking met die Departement van Arbeid, is die eerste beskutte-arbeidsprojekte in Pretoria, aan die Rand en op Potchefstroom begin. Die SAVF was ook ‘n voorloper met die aanstelling van opgeleide maatskaplike werkers en was veral ‘n baanbreker met die toepas van die groepwerkmetode en ouerledingsaksie in Suid-Afrika.1907Dr. Erik Holm geboreErik Holm is op Bethulie gebore. In 1924 gaan hy na sy matriekeksamen na Duitsland, waar hy die klassieke argeologie bestudeer en waarin hy later sy doktorsgraad behaal. Hier maak hy kennis met Adolf Hitler en doen deeglike kennis op van die Nasionaal-sosialisme in Duitsland. In 1933 keer hy terug na Suid-Afrika en vind met veel moeite ‘n betrekking as hoof van ‘n Duitse skooltjie in Natal. Hy vertrek egter weer na Duitsland, en in 1933 aanvaar hy ‘n pos as deeltydse omroeper in die Duitse uitsaaidiens, waarvandaan hy gedurende die eerste jare van die Tweede Wêwreldoorlog in Afrikaans uitgesaai het. Sterk onder invloed van die Ossewa-Brandwag verset hy hom teen die regering van genl. Smuts se oorlogsbeleid, en spoedig was “Neef Holm van Zeesen” vir talle Afrikanerluisteraars die verpersoonliking van die verset in hul eie harte. Buite sy bedoeling word dr. Holm, met sy kennis van en insae in die oorlogsgebeure, ‘n Duitse propagandis. Daarom word hy na Suid-Afrika teruggebring en in 1947 weens hoogverraad tot tien jaar gevangenisskap gevonnis. Na sy vrylating in 1948 gaan hy voort met navorsingswerk, wat hom een van die grootste gesaghebbendes op die gebied van die antieke argeologie gemaak het.

No comments: