2007/12/04

November 19

1846
Genl Lukas Meyer gebore
Lukas(Lucas) Johannes Meyer (Meijer) is by Sandrivier gebore, en vestig hom as jong man in Natal en word in 1882 landdros van Utrecht. As kommandant help hy Dinizulu http://www.geocities.com/CapitolHill/Rotunda/2209/New_Republic.html
in die se opvolgingstryd teen sy broer Zibhebhu. Hy was een van die medestigters van die Nieuwe Republiek op die grondgebied wat Dinizulu aan die Boere geskenk het as erkenning vir hulle militêre hulp. Hy word ook tot die president van die Nieuwe Republiek verkies. In 1893 word hy eerste Volksraadlid vir Utrecht, en in 1899 voorsitter van die Raad. In die Engelse Oorlog speel hy as generaal in Natal ‘n rol en verower hy o.m. Dundee. Hy was ook een van die ondertekenaars van die Vrede van Vereeniging (31 Mei 1902) en bepleit vrede tot elke prys. Hy is op 8 Augustus 1902 in Brussel oorlede en is in die begraafplaas op Vryheid te ruste gelê. prof. dr. ph kapp aka fak.

No comments: