2007/12/04

November 18

1497
Vasco da Gama seil om die Kaap
Na 'n seereis van 'n raps meer as vier maande, seil Vasco da Gama op 22 November 1497 met vier skepe om die Kaap. Op 25 Desember bereik hy die kus van Pondoland wat hy Terra do Natal (verwysende na Kersfees), noem. Op 20 Mei 1498 kom Da Gama en sy bemanning in Kalikoet, Indië aan - die seeroete na Indië is uiteindelik bemeester en word 'n belangrike handelsroete vir speserye en ander ware. Een van die ernstige nadele van hierdie lang reise was die groot aantal sterftes ter see onder die bemanning en passasiers veral vanweë skeurbuik. http://www.groottrek.za.cx/agtergrond.htmNa baie wedervaringe word Da Gama teen die einde van Augustus 1499 as held in Lissabon terugverwelkom. Vanweë hierdie epiese ontdekkingsvaart is die Islamitiese monopolie van die speseryhandel van die Ooste verbreek. Vir die Portugese vorstehuis het dit groter rykdom en mag beteken, en dit sou ook aanleiding gee tot Europese oorheersing in die Ooste. Da Gama was ook verantwoordelik vir die naamgewing van St. Helenabaai en van Natal. Ook het van sy ekspedisielede die eerste volledige waarneming van Suid-Afrika se inheemse inwoners gedoen.
1876
Johanna Brandt gebore
Johanna Brandt, die jongste dogter van ds. N.J. van Warmelo, is op Heidelberg gebore, waar sy ook haar kinderjare deurgebring het. Tydens die Engelse Oorlog het sy en haar moeder hulle in Pretoria bevind, waar hulle na die besetting van die Hoofstad deur die vyandelike magte, gehelp het om die Boerespioenasiediens aan die gang te hou. Van haar ondervindinge in hierdie tyd het Johanna Brandt ‘n dagboek gehou, wat sy later verwerk het in haar bekende boek, Die Kappiekommando, wat in 1913 verskyn het. Tydens die oorlog was sy ook verpleegster in die Irene-konsentrasiekamp. http://decampcourant.arkpark.net/tvl.htm#Irene Die smart en ontberings van die vroue en kinders het haar so aangegryp dat sy The Irene Coincentration camp in 1904 geskryf het. Na die oorlog is sy met ds L.E. Brandt, ‘n Nederlandse predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk, wat hom in Transvaal kom vestig het, getroud. Johanna Brandt het ‘n lewende belangstelling in die openbare lewe gehad. Onder haar leiding word op 21 Julie 1915 in Johannesburg die “Vrouwen Nationale Party” gestig, wat spoedig landwyd uitgebrei het. In 1916 dien sy in die hoofbestuur van die Nasionale Vroueparty, en sy ontvang in hierdie jaar ook die ere-presidentskap van die party. Sy het verskeie ander boeke geskryf, onder meer oor natuurgenesing, waarin sy ‘n besondere belangstelling gehad het, en ook twee romans. Sy is op 29 Januarie 1964 op 88-jarige ouderdom in Kaapstad oorlede. Dr J.Celestine Pretorius aka fak.http://www.gutenberg.org/etext/201941879J.H.F.E.R.C. Gey van Pittius geboreJan Hendrik Frederik Eduard Rudolf Claudius Gey van Pittius is op Ventersdorp gebore. Hy praktiseer as advokaat in Pretoria en is saam met adv. A.S. van Hees, in Desember 1914 vir die verdediging van Jopie Fourie verantwoordelik. As rebel was Jopie Fourie deur ‘n spesiale krygsraad verhoor. Fourie is egter ter dood veroordeel, maar Gey van Pittius wend saam met dr D.F. Malan, ds. H.S. Bosman en ander ‘n vergeefse poging aan om ‘n persoonlike versoekskrif ter begenadiging van Fourie aan die Minister van Verdediging, genl. J.C. Smuts, te oorhandig. Daarna verdedig Gey van Pittius talle ander Rebellegevangenes kosteloos. Hy was ‘n aktiewe lid van die Nasionale Party sedert die stigting van die party in 1914, en op versoek van genl. J.B.M. Hertzog tree hy, met groot bekwaamheid, op as sekretaris van die Vryheidsdeputasie van 1919 na Europa. Adv. Gey van Pittius is op 26 Junie 1931 in Pretoria oorlede. fak

No comments: