2007/12/04

November 17

1903
Dr. N. Diederichs gebore
Die Suid-Afrikaanse politikus Nicolaas Johannes Diederichs is op 17 November 1903 in Ladybrand gebore. Hy sluit by die Nasionale Party aan en word tot die parlement verkies vir Randfontein in 1948, in 1958 vir Losberg en eindelik vir Overvaal in 1974. Nicolaas Johannes Diederichs het ook in 1940 die hoofleier van die Reddingsdaadbond geword en hom daarvoor beywer om die Afrikaner op ekonomiese gebied tot sy reg te laat kom. Hy was ook sekretaris van die Ekonomiese Instituut van die FAK gedurende die tyd. Hy is van 1958 tot 1967 Minister van Ekonomiese Sake en van 1961 – 1964 ook Minister van Mynbou. As Minister van Finansies gedurende die tydperk 1967 – 1975 speel hy ‘n leidende rol in die kabinet. Gedurende die tydperk hy sy ywer oor die hele wêreld im die erkenning van goud te bevorder, hom wêreldwyd as Mnr. Goud laat bekend staan. Op 19 April 1975 word hy as Suid-Afrika se Staatspresident ingehuldig en vanaf 19 April 1975 tot en met sy dood op 21 Augustus 1978 in Kaapstad beklee hy die amp van Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika en word deur Marais Viljoen opgevolg.http://af.wikipedia.org/wiki/Nicolaas_Johannes_Diederichs

No comments: